Dié nuts­voer­tuig het spier­krag

Ford se op­ge­knap­te E­cos­port spog met be­dui­den­de ver­be­te­rings, ruim stan­daard-aan­bie­dings, meer vei­lig­heids­ken­mer­ke en ver­ras­sen­de hou­ver­moë op gruis­paaie.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot -

om aan die voor­punt te bly, moet mo­tor­ver­vaar­di­gers hul A-span op die veld stuur. En in­dien hul­le re­le­vant wil bly, speel ver­be­te­rings ’n baie groot rol, soos vor­de­ring op die ge­bied van teg­no­lo­gie en vei­lig­heid – as­ook ver­fy­nings, bin­ne en bui­te die voer­tuig.

Ford se krag­ti­ger E­cos­port vol­doen aan al hier­die ver­eis­tes. Dit is ver­al nou nood­saak­lik weens fel­ler me­de­din­ging in die klein sport­snuts­voer­tuig seg­ment.

Die Ford E­cos­port is in 2013 in Suid-a­fri­ka be­kend ge­stel en is ’n ge­reel­de wen­ner in die mi­ni-nuts­voer­tuig­seg­ment.

Me­de­din­ging vir die E­cos­port was toe ge­ring.

Sa­ke het eg­ter ver­an­der, en nou is dit eg­ter fel met die Hon­da HR-V, Ma­z­da CX-3 en die Toyo­ta C-HR.

Die E­cos­port spog steeds met ’n 38%-aan­deel van sy mark­seg­ment, en Ford be­oog om dié aan­deel met sy op­ge­knap­te E­cos­port te ver­groot.

Ford se nu­we E­cos­port spog met vyf mo­del­le met die 1.0-li­ter-e­co­boost-en­jin wat vier van hul­le in die T­rend- en die Ti­ta­ni­um­reeks aan­dryf.

Die toe­tree­punt van die E­cos­port-reeks is die 1.5 TDCI Am­bien­te-mo­del met sy tur­bo­die­sel-en­jin en vyf­spoed-hand­rat­kas.

Hoe­wel ’n mens nie die E­cos­port as ’n boen­doe­bre­ker sal be­skryf nie, is hy ver­ba­send goed op grond­paaie.

Sy on­mis­ken­ba­re sport­snuts­voer­tuig­voor­koms bied ’n sub­tie­le wenk van sy ver­moë op grond­paaie.

Maar ver­be­te­rings in teg­no­lo­gie en voor­koms gaan waar­skyn­lik gro­ter by­val by die mees­te ver­brui­kers vind as sy ver­moë op grond­paaie.

Met dít in ge­dag­te het fin­week die pad ge­vat in die mid­del­reeks E­cos­port 1.0-li­ter T­rend-ou­to­ma­ties om uit te vind hoe oor­tui­gend die nu­we Ford E­cos­port is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.