Die re­dak­teur sê

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - ANNELI GROENEWALD

’nPaar jaar ge­le­de, ty­dens ’n pa­neel­be­spre­king ná die be­gro­ting, het die ge­sprek oor­ge­gaan na die (al te be­ken­de) nei­ging in Suid-a­fri­ka dat pro­tes­op­tog­te ge­weld­da­dig word. Een van die pa­neel­le­de was Z­we­lin­zi­ma Va­vi, voor­ma­li­ge hoof­se­kre­ta­ris van Co­sa­tu. En dit was sy beurt om te praat. Va­vi het ge­sê Jo­han­nes­burg is om­ring deur ’n “ring van vuur”, naam­lik die be­to­gings wat dik­wels op­bou tot die punt waar in­fra­struk­tuur ver­nie­tig word. Hy het ge­sê dit was om­dat Suid-a­fri­ka­ners glo dat die e­nig­ste ma­nier om ie­mand te kry om na hul­le te luis­ter, is as die land aan die brand is. Eers dan sal die bur­ge­mees­ter, die mi­nis­ter of die pre­si­dent na die men­se kom luis­ter.

El­ke keer as din­ge in hier­die land be­gin brand, soos in We­st­bu­ry na­dat ’n vrou dood­ge­skiet is in die kruis­vuur van ’n ben­de­ver­wan­te skie­te­ry, dink ek aan wat Va­vi ge­sê het. Die We­st­bu­ry-ge­meen­skap is siek en sat daar­van om slag­of­fers te wees van ben­des en dwelm­han­de­laars wat, vol­gens hul­le, die stra­te re­geer. Hul­le het die stra­te in­ge­vaar, en hoof­paaie na die stad ver­sper. Par­ty be­to­gers het ge­bid. An­der het bran­de ge­stig.

Die ver­keer het in aan­gren­sen­de re­si­den­si­ë­le voor­ste­de op­ge­dam. Baie Jo­han­nes­bur­gers het ure lank in die ver­keer vas­ge­sit. Fo­to’s en vi­deo’s van die ge­weld het be­gin ver­skyn. ’n Rea Va­ya-bus­hal­te is af­ge­brand.

Toe die aan­kon­di­ging: B­he­ki Ce­le, mi­nis­ter van po­li­sie, sou We­st­bu­ry be­soek om met die ge­meen­skap te praat. In sy toe­spraak het hy be­lo­we dat ’n tak­tie­se een­heid in­ge­stel sal word om die ge­meen­skap te help in die stryd teen dwelm­ba­se en ben­des.

Dit bring my te­rug na Va­vi se woor­de. Dit is eers ná bran­de en ver­nie­ti­ging dat die bur­ge­mees­ter, die mi­nis­ter of die pre­si­dent na die men­se luis­ter.

Waar­om het Ce­le We­st­bu­ry eers be­soek na­dat die bran­de be­gin het? Hoe­kom ’n tak­tie­se een­heid in­stel eers na­dat die ge­meen­skap se ge­duld op­ge­raak het?

Hoe­kom het hy hul­le nie kom be­soek die mid­dag toe ’n on­skul­di­ge vrou dood­ge­skiet is nie? Is dit nie re­de ge­noeg nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.