Re­spek­teer die be­las­ting­be­ta­ler

Baie men­se meen dat die ANC se lei­ers ’n kom­mu­nis­tie­se styl aan­hang. An­di­le N­tin­gi voer eg­ter aan die re­ge­ren­de par­ty is eer­der ge­an­ker in die ti­pe de­mo­kra­tie­se so­si­a­lis­me van die S­kan­di­na­wie­se lan­de – maar met een groot ver­skil.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mening -

vu­ri­ge kri­ti­ci van die ANC se ekonomiese beleid ge­bruik baie be­skry­wings vir die re­ge­ren­de par­ty. Een van dié wat bly klou, is dat die ANC ge­lei word deur kom­mu­nis­te. Dié be­skry­wing van die ANC is eg­ter mis­plaas en kan waar­skyn­lik eer­der ge­bruik word om die E­co­no­mic F­ree­dom Fig­h­ters (EFF) te be­skryf, wat on­wrik­baar bly glo dat pla­se, my­ne en ban­ke on­der staats­be­heer ge­plaas moet word en dat ryk­dom wat deur dié ba­tes ge­skep word aan die ar­mes her­ver­deel kan word.

Grond­vlak­ge­tui­e­nis dui daar­op dat die ANC nie ’n kom­mu­nis­tie­se or­ga­ni­sa­sie is nie, maar ’n par­ty wat ge­an­ker is in de­mo­kra­tie­se so­si­a­lis­me, soort­ge­lyk aan dié wat ken­mer­kend is van S­kan­di­na­wie­se lan­de soos De­ne­mar­ke en S­we­de, waar uit­ge­brei­de wel­syn­stel­sels saam met vry­e­mark­ka­pi­ta­lis­me be­staan.

In Suid-a­fri­ka het ons ’n re­ge­ren­de ANC wat ’n wel­syn­stel­sel be­dryf. Die ekonomie word eg­ter oor­heers deur die pri­va­te sektor wat die oor­gro­te meer­der­heid van die ryk­dom skep wat be­las word om wel­syn­toe­lae, on­der­rig, ge­sond­heid­sorg en be­hui­sing vir die ar­mes te fi­nan­sier. In dié ver­band is die ANC en die S­kan­di­na­wi­ërs soort­ge­lyk, want hul­le glo nie in staat­be­plan­de e­ko­no­mieë nie (soos die C­hi­ne­se, Rus­se en die Ku­ba­ne in die 1950’s, 1960’s en 1970’s ge­doen het).

Ty­dens sy nou be­roem­de drie ure lan­ge Ri­vo­ni­a­ver­hoor-toe­spraak, wat uit die be­skul­dig­de­bank ge­maak is op 20 A­pril 1964 voor­dat hy skul­dig be­vind en tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis is vir sy rol in die stryd teen a­part­heid, het Nel­son Man­de­la ont­ken dat hy ’n kom­mu­nis was. Hy het ’n be­skry­wing van sy po­li­tie­ke i­de­o­lo­gie ge­gee, wat soos de­mo­kra­tie­se so­si­a­lis­me lyk (al­hoe­wel hy dit nie as so­da­nig be­skryf het nie).

“Ek het ont­ken dat ek ’n kom­mu­nis is, en ek dink in die om­stan­dig­he­de is ek ver­plig om pre­sies weer te gee wat my po­li­tie­ke oor­tui­gings is . . . Ek vind ’n klas­lo­se ge­meen­skap van­dag aan­lok­lik, ’n aan­trek­king wat spruit deels uit die lees van Marx en deels uit my be­won­de­ring vir die struk­tuur en or­ga­ni­sa­sie van die vroeë A­fri­ka-ge­meen­skap­pe in dié land. Die grond, tóé die ver­naam­ste pro­duk­sie­mid­del, het aan die stam be­hoort. Daar was geen ryk of arm nie en daar was geen uit­bui­ting nie,” het Man­de­la ge­sê. “Uit my stu­die van Marx­is­tie­se li­te­ra­tuur en uit ge­sprek­ke met Marx­is­te, het ek die in­druk ge­kry dat kom­mu­nis­te die par­le­men­tê­re stel­sel van die Wes­te as on­de­mo­kra­ties en re­ak­si­o­nêr be­skou. Maar in teen­stel­ling daar­mee is ek ’n be­won­de­raar van so ’n stel­sel.”

In die 25 jaar se­dert die ANC aan be­wind was, het dit nooit die na­si­o­na­li­se­ring van pla­se, my­ne en ban­ke na­ge­jaag nie. In plaas daar­van het dit toe­sig ge­hou oor die pri­va­ti­se­ring van on­der­ne­mings in staats­be­sit, ver­al in Nel­son Man­de­la en T­ha­bo M­be­ki se re­ge­rings. Dit sluit by­voor­beeld in die ge­deel­te­li­ke pri­va­ti­se­ring van Ai­r­ports Com­pa­ny South A­fri­ca in 1998, die ver­koop van 30% in Tel­kom in 1996, as­ook van 75% in Ko­ma­ti­land Fo­re­sts in 2004.

Pri­va­ti­se­ring was ’n in­te­gra­le deel van die Groei-, Werk­skep­ping-, en Her­ver­de­ling- (Ge­ar) ma­kro-ekonomiese beleid, wat ’n sa­ke­vrien­de­li­ke beleid was wat groei in die tyd­perk van sy in­wer­king­stel­ling tus­sen 1996 en 2006 ge­sti­mu­leer het.

On­der die lei­er­skap van pre­si­dent Cy­ril Ra­map­ho­sa, is pri­va­ti­se­ring te­rug op die ta­fel ná wyd­ver­sprei­de kor­rup­sie ty­dens die ter­myn van die voor­ma­li­ge pre­si­dent Ja­cob Zu­ma, wat baie on­der­ne­mings in staats­be­sit fi­nan­si­eel ver­lam en in groot be­hoef­te aan ka­pi­taal­ver­ster­king ge­laat het. Die re­ge­ring het nie die geld om on­der­ne­mings in staats­be­sit wat doel­be­wus wan­be­stuur is om po­li­ti­ci te ver­ryk, fi­nan­si­eel aan die gang te hou nie. Ra­map­ho­sa be­sef dat dié in­stan­sies her­struk­tu­reer en deels ge­pri­va­ti­seer moet word om pri­va­te belegging en die be­stuurs­vaar­dig­heid te be­werk­stel­lig waar daar ’n te­kort aan is (ver­al na­dat me­rie­te op­ge­of­fer is deur kor­rup­te uit­voe­ren­de be­stuur­ders).

Die ge­deel­te­li­ke oor­ga­we van ba­tes van on­der­ne­mings in staats­be­sit na pri­vaat­be­sit, sal na­tuur­lik die ver­sker­ping van be­stuur­stel­sels ver­eis, wat in duie ge­stort het en mas­sie­we kor­rup­sie toe­ge­laat het in die ver­kry­ging van goe­de­re, diens­te en in­fra­struk­tuur by on­der­ne­mings soos Trans­net, E­s­kom, die SAUK en De­nel.

Selfs die e­ko­no­mie­sesti­mu­lus-pak­ket van R50 mil­jard wat deur Ra­map­ho­sa aan­ge­kon­dig is, is ont­werp om belegging uit die pri­va­te sektor te lok en is daar­om ge­wel­dig sa­ke­vrien­de­lik. Vol­gens sy be­re­ke­nings maak Ra­map­ho­sa dit baie dui­de­lik dat die Sui­d­a­fri­kaan­se ekonomie uit ’n teg­nie­se re­ses­sie ge­lig kan word deur be­leids­her­vor­mings aan te bring wat pri­va­te belegging sti­mu­leer (eer­der as die in­wer­king­stel­ling van on­no­di­ge staats­in­gry­ping).

Eer­li­ke staats­be­stuur

In 2002 het ’n se­ni­or Anc-amp­te­naar vir dié skry­wer ge­sê dat hy die S­kan­di­na­wie­se mo­del van eer­li­ke staats­be­stuur “en goeie ver­sor­ging van hul eie men­se” be­won­der. Soos wat die Deen­se eer­ste mi­nis­ter Lars Løk­ke Ras­mus­sen aan stu­den­te by Har­vard-u­ni­ver­si­teit in Ok­to­ber 2015 ge­sê het, is De­ne­mar­ke nie ’n be­plan­de so­si­a­lis­tie­se ekonomie nie, in teen­stel­ling met die al­ge­me­ne aan­na­me dat dit is. Ras­mus­sen het ver­dui­de­lik dat De­ne­mar­ke se Nor­die­se mo­del ’n mark­e­ko­no­mie is met ’n uit­ge­brei­de wel­syn­smo­del wat uit­ge­brei­de gra­tis al­ge­me­ne ge­sond­heids­org­dek­king aan sy bur­gers, as­ook gra­tis on­der­rig, en voor­de­le vir die werk­lo­ses, sie­kes en ge­strem­des bied.

“Mens sal won­der waar die vang­plek is. Die mees voor die hand lig­gen­de een is na­tuur­lik die hoë be­las­ting. Die boon­ste in­kom­ste­be­las­ting­kerf in De­ne­mar­ke is am­per 60%,” het Ras­mus­sen ver­dui­de­lik. “In De­ne­mar­ke is be­las­ting al­te­sa­me am­per die helf­te van ons na­si­o­na­le in­kom­ste ver­ge­le­ke met so­wat 25% in A­me­ri­ka. Dit is nog­al ’n aan­sien­li­ke ver­skil.”

Mis­kien moet ons per slot van re­ke­ning wys op ’n be­lang­ri­ke ver­skil tus­sen die so­si­aal-de­mo­kra­te van Suid-a­fri­ka en dié van S­kan­di­na­wië: Die S­kan­di­na­wi­ërs be­han­del be­las­ting­be­ta­lers se geld met re­spek ter­wyl dié van ons land ge­neig is om dit te ver­mors of te mis­bruik in plaas daar­van om maatskaplike diens­te van ge­hal­te aan die land se men­se te voor­sien. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

An­di­le N­tin­gi is die uit­voe­ren­de hoof en me­de­stig­ter van Get­biz, ’n e-ver­kry­gings- en ten­der­in­lig­tings­diens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.