Son sak oor plaaslike goud­be­dryf

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Uit da­ta van die ou­di­teurs­fir­ma PWC is dit dui­de­lik Suid-a­fri­ka se goud­be­dryf is aan die kwyn. Die erts­lig­ga­me wat eens by­na drie­kwart van die wê­reld se pro­duk­sie moont­lik ge­maak het, sorg nou vir ’n drup­pel aan die em­mer met slegs 4,2% van die to­ta­le pro­duk­sie.

“Slegs nu­we teg­no­lo­gieë kan die voor­uit­sig­te vir die Suid-a­fri­kaan­se goud­myn­be­dryf ver­an­der,” sê An­dries Ros­souw, ’n ven­noot by PWC, ty­dens ’n voor­leg­ging van die fir­ma se jaar­lik­se pu­bli­ka­sie Daar­in is die sektor se pres­ta­sie ten op­sig­te van pro­duk­sie en fi­nan­si­ë­le op­brengs­te ont­leed.

“An­der­sins is die sektor op die af­draan­de­pad – ver­al teen kos­te­ver­ho­gings wat ho­ër is as die VPI. Daar is geen groot­skaal­se nu­we in­ves­te­ring in die be­dryf nie,” sê hy.

Lui­dens da­ta van die Mi­ne­ra­le­raad het werk­ne­mers se to­ta­le ver­dien­ste van R14,7 mil­jard in 2007 tot R29,5 mil­jard in 2017 ge­styg. Dit is on­danks ’n da­ling in die ge­tal wer­kers oor die­self­de tyd­perk: van 166 000 in 2007 tot 112 000 van­dag.

Die ma­nier waar­op in­kom­ste tus­sen die be­lang­heb­ben­de par­tye ver­deel word, maak nog­al in­te­res­san­te lees­stof uit, ver­al aan­ge­sien loon­on­der­han­de­lings in die sektor juis nou aan die gang is. In die plaaslike myn­bou­sek­tor in sy ge­heel het 47% van die to­ta­le waarde wat die sektor ver­le­de jaar ge­ge­ne­reer het na werk­ne­mers ge­gaan, teen­oor 37% van die to­ta­le waarde tien jaar ge­le­de.

So­wat 29% van die to­ta­le waarde is in die my­ne her­in­ves­teer en 12% is aan be­las­ting af­ge­staan. Voeg daar­by le­nings (6%), tan­tiè­me (3%) en ge­meen­skaps­be­leg­gings (2%) en bit­ter min bly oor vir die aan­deel­hou­ers, wat per slot van re­ke­ning die aan­de­le­ka­pi­taal ver­skaf.

’n Mens kan sien hoe­kom die Mi­ne­ra­le­raad weer­stand bied teen G­we­de Man­tas­he, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le hulp­bron­ne, wat daar­op aan­dring dat ge­meen­skap­pe en werk­ne­mers in 10% van die wins moet deel wan­neer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.