P­res­teer in ’n moei­li­ke mark

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mark-Plek -

Ek het ses maan­de ge­le­de met Bowler Metcalf se half­jaar­re­sul­ta­te voor­ge­stel ’n mens koop dié aan­deel. Hoe­wel hy in­tus­sen nie veel ge­doen het nie (maar in dié mark is “pap” die nu­we “op­win­dend”) be­ves­tig die jaar­eind­re­sul­ta­te sy ge­hal­te.

Een van die groot dry­wers is sy kon­tant voor­han­de van meer as R200 mil­joen. Sy aan­deel in Soft­bev word as te koop aan­ge­dui (die tran­sak­sie is be­ves­tig maar die geld is nog nie oor­ge­plaas nie), wat nog R298 mil­joen by­voeg. Die maat­skap­py het in­der­daad ’n wins uit dié on­der­ne­ming ge­maak en sit nou met R500 mil­joen in kon­tant. Die mark­ka­pi­ta­li­sa­sie is slegs R900 mil­joen en ’n spe­si­a­le di­vi­dend sal met ’n deel van die kon­tant uit­ge­keer word.

Bowler Metcalf se kern­be­sig­heid is om plas­tiek-giet­vorms vir kli­ën­te soos John­son & John­son, Dis­tell en Wool­wort­hs te ver­vaar­dig. Dit is ’n moei­li­ke ter­rein nou­dat ver­brui­kers on­der druk ver­keer, en sy sa­ke­be­dry­wig­he­de weer­spie­ël dit. Hier maak goeie be­stuur eg­ter die ver­skil in moei­li­ke tye. Die ver­set teen en­kel­ge­bruik­plas­tiek bring by­voor­beeld mee dat die maat­skap­py “die ge­bruik van her­win­ba­re en her­won­ne plas­tiek tot pro­duk­vol­doe­ning van 95% ont­wik­kel het”.

In ’n moei­li­ke mark is goed be­stuur­de maat­skap­pye met be­skik­ba­re kon­tant ’n aan­trek­li­ke belegging. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.