Re­sul­ta­te ver­be­ter, maar wees ver­sig­tig

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mark-Plek -

Capitec het ein­de Sep­tem­ber tus­sen­tyd­se re­sul­ta­te uit­ge­reik, vroe­ër as al­ge­meen ver­wag, waar­in hy aan­dui sy we­sens­ver­dien­ste en we­sens­ver­dien­ste per aan­deel (WVPA) het met 20% op­ge­skiet.

Die bank het sy kli­ën­te­grond­slag ver­der uit­ge­bou, met ’n 15%-toe­na­me in ak­tie­we kli­ën­te (so­wat 109 000) om daar­mee sy doel­wit van 10,5 mil­joen te be­reik. ’n Tus­sen­tyd­se di­vi­dend van 630 sent per aan­deel, ’n 20%-sty­ging, is ver­klaar.

Die net­to in­kom­ste uit tran­sak­sie­gel­de het met 32% tot R3,1 mil­jard ge­styg.

Dié re­sul­ta­te het ge­sorg dat Capitec steun op 90 815 sent per aan­deel be­hou en tot by die be­lang­ri­ke weer­stands­vlak van 103 500 sent per aan­deel op­ge­skiet het (soos ge­noem in my ar­ti­kel oor Capitec in die uit­ga­we van 27 Sep­tem­ber). ’n Sty­ging deur die vlak van 103 500 sent (’n week­lik­se slui­ting bo dié vlak) kan mee­bring dat Capitec weer sy al­ler­hoog­ste­punt van 110 000 sent per aan­deel toets. Hy sal deur dié vlak moet breek om ’n nu­we styg­fa­se te be­gin.

An­der­sins kan hy kon­so­li­deer, met die moont­lik­heid om te­rug te sak – van­daar my ver­sig­tig­heid.

Ver­han­del hom so:

Sou Capitec on­der­kant 110 000 sent per aan­deel ’n la­er hoog­te­punt vorm, kan hy tot op die steun­vlak van 90 815 sent te­rug­sak – en moont­lik ver­der daal tot by 81 100 sent.

’n Da­ling deur 100 000 sent kan maak dat hy tot op 90 815 sent per aan­deel af­ver­koop.

My ver­sig­ti­ge sie­ning sal slegs ver­an­der as Capitec tot bo 110 000 sent per aan­deel styg. In dié ge­val kan hy nu­we hoog­te­pun­te aan­te­ken, met 140 000 sent die mik­punt. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.