Kos­te van he­den­daag­se see­roof

See­ro­we­ry is aan die toe­neem op al die o­se­a­ne van die wê­reld. Dit lei daar­toe dat ver­voer­de goe­de­re duur­der word, en hier­die kos­te word aan ver­brui­kers oor­ge­dra.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

see­roof was in 2009 in die nuus toe So­ma­lie­se see­ro­wers die A­me­ri­kaan­se Ma­ersk Ala­ba­ma aan­ge­val het in die eer­ste ka­ping van ’n A­me­ri­kaan­se skip in 200 jaar. Die dra­ma­tie­se voor­val het die aan­dag ge­fo­kus op ’n he­le reeks aan­val­le langs die kus van So­ma­lië, wat skeeps­ver­voer ver­skeie ja­re lank ont­wrig het en tot die Hol­ly­wood-rol­prent, Cap­tain P­hil­lips, ge­lei het.

Die ver­bin­dings tus­sen die roe­te rond­om die Ho­ring van A­fri­ka en die Su­ez-ka­naal, wat on­ge­veer 10% van die wê­reld se seevervoer be­har­tig, het ’n ge­sa­ment­li­ke in­ter­na­si­o­na­le re­ak­sie tot ge­volg ge­had wat ge­help het om die be­drei­ging in daar­die streek te be­heer.

Maar wat die pu­bliek nie weet nie, is dat see­ro­we­ry oor die he­le wê­reld, van La­tyns­a­me­ri­ka na A­fri­ka en A­sië, toe­neem en die wê­reld­e­ko­no­mie el­ke jaar mil­jar­de dol­lars kos.

On­lang­se sy­fers van die In­ter­na­si­o­na­le Ma­ri­tie­me

Bu­ro (IMB), ’n tak van die In­ter­na­si­o­na­le Ka­mer van Koop­han­del, toon dat, al was daar ’nda­ling in 2017, see­ro­we­ry in die eer­ste van hier­die jaar toe­ge­neem het. So­wat 107 voor­val­le is in die eer­ste helf­te van die jaar aan­ge­meld, teen­oor 87 in die oor­een­stem­men­de tyd ver­le­de jaar. Die ge­tal gy­se­laars in dié tyd­perk het tot 102 ge­styg, teen­oor 63 ge­du­ren­de die eer­ste helf­te van 2017.

Die ge­o­gra­fie van dié aan­val­le het aan­sien­lik ver­skuif – 45% is langs die kus van A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra uit­ge­voer, met die erg­ste ge­bied die Golf van Gui­nee na­by Ni­ge­rië, waar dit drie­vou­dig van die 2014-vlak­ke toe­ge­neem het. Vol­gens die IMB was daar 31, teen­oor net een langs die kus van So­ma­lië in die Ho­ring van A­fri­ka.

Ken­ners sê die werk­li­ke prent­jie kan veel er­ger wees, om­dat daar oor baie voor­val­le nie be­rig word nie want pri­va­te maat­skap­pye wil nie hul re­pu­ta­sie be­na­deel deur fou­te in hul se­ku­ri­teit­stel­sels be­kend te maak nie.

Vol­gens die agt­ste jaar­ver­slag van O­ce­ans Beyond Pi­ra­cy (OBP) deur die A­me­ri­kaan­se One Earth Fu­tu­re­or­ga­ni­sa­sie, was daar ver­le­de jaar wê­reld­wyd 321 see­roof­in­si­den­te wat 5 000 see­vaar­ders ge­raak het; 17 be­man­nings­le­de is in A­sië ver­moor en twee in Wes-a­fri­ka.

Die ver­slag be­skryf ’n “groot toe­na­me” in dié voor­val­le in La­tyns-a­me­ri­ka en die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de.

Mo­der­ne see­ro­wers tei­ken ske­pe om hul vrag­te te steel of hul be­man­ning vir los­pry­se te ont­voer. Hul­le maak ge­bruik van ma­sjien­ge­we­re of kap­mes­se om die skip oor te neem. Iro­nies ge­noeg maak ou­to­ma­ti­se­ring han­del­ske­pe meer kwes­baar, aan­ge­sien ’n groot skip so min as 15 be­man­nings­le­de het.

Ni­ge­rie­se see­ro­wers is dik­wels ui­ters ge­weld­da­dig. Hul­le gaan baie vin­nig aan boord en be­gin he­wi­ge skiet­ge­veg­te voor­dat hul­le men­se as gy­se­laars neem of hul­le in ’n boot­jie los­laat. Hul­le vlug dan te­rug na die Ni­ger-ri­vier­del­ta se dool­hof van ri­vier­tjies, waar dit moei­lik is om hul­le te vind.

Die IMB sê 65 van die 75 be­man­nings­le­de wat ver­le­de jaar ont­voer is, is na­by die kus van Ni­ge­rië ge­roof. On­lang­se na­vor­sing toon dat die uit­wer­king op be­man­nings­le­de erns­tig is, wat pos­t­trau­ma­tie­se stres ná so ’n voor­val be­tref, so­wel as die angs om deur ’n ho­ë­ri­si­ko­ge­bied te vaar.

Die ekonomiese prys van see­ro­we­ry is groot, ge­ge­we die om­vang en kom­plek­si­teit van die ver­an­der­li­kes, en som­mi­ge ra­mings is om­trent $6 mil­jard jaar­liks. Vol­gens die Obp-ver­slag het to­ta­le kos­te in Oos­a­fri­ka al­leen ver­le­de jaar $1,4 mil­jard be­loop, la­er as 2010 se $7 mil­jard. Maar in Wes-a­fri­ka het dit van $719,6 mil­joen in 2015 tot $818 mil­joen ge­styg.

Die sy­fers in A­sië is moei­li­ker om te be­re­ken weens die kom­plek­si­teit van skeeps­ver­voer­pa­tro­ne en die doel­tref­fend­heid van teen­see­roof­pa­trol­lies, maar voor­val­le van ont­voe­ring vir los­prys het met 80% ge­daal en al­ge­he­le voor­val­le met 20%, hoof­saak­lik van­weë doel­tref­fen­de sa­me­wer­king deur streeks­wets­toe­pas­sers. Maar 17 ma­tro­se is ver­moor, ho­ër as die sy­fer in e­ni­ge an­der ge­bied. In La­tyns-a­me­ri­ka het see­ro­we­ry en ge­wa­pen­de roof ter see met 163% ge­styg, met seil­jag­te voor an­ker wat by on­ge­veer 59% van al­le voor­val­le be­trok­ke was, sê die Obp-ver­slag. Die to­ta­le kos­te van see­ro­we­ry in daar­die streek was weer eens moei­lik om te be­re­ken.

Die kos­te van ver­ske­ping self het wê­reld­wyd ge­styg om­dat ske­pe pro­beer om see­roof­ge­bie­de te ver­my, wat die duur van die reis ver­leng, ter­wyl hul­le ook ge­wa­pen­de se­ku­ri­teits­wag­te vir be­sker­ming moet aan­stel.

Daar­be­ne­wens word skeeps­re­de­rye nou ver­plig om ver­se­ke­ring teen see­ro­we­ry uit te neem – nie net vir die ver­lies van vrag of ska­de aan ske­pe nie, maar ook vir hul be­man­ning. Som­mi­ge ver­se­ke­rings­maat­skap­pye bied pak­ket­te wat dek­king in­sluit vir ren­te op le­nings om ’n los­prys te be­taal; die gel­de en uit­ga­wes van on­af­hank­li­ke kri­si­s­on­der­han­de­laars, tol­ke en ska­kel­kon­sul­tan­te; en die kos­te van me­die­se en psi­gi­a­trie­se sorg, in­slui­ten­de kos­me­tie­se chi­rur­gie vir slag­of­fers. Al hier­die kos­te dra by tot die prys van ver­voer­de goe­de­re en word aan ver­brui­kers oor­ge­dra.

Die jong­ste Imb-ver­slag het ’n ge­struk­tu­reer­de en meer ko­ö­pe­ra­tie­we re­ak­sie van re­ge­rings aan­ge­vra om see­roof te pak, in­slui­ten­de be­ter see­pa­trol­lies, die deel van in­lig­ting en die uit­ska­ke­ling van vei­li­ge skuil­plek­ke vir see­ro­wers. Hy het skeeps­re­de­rye ook aan­ge­moe­dig om se­ku­ri­teit aan boord van hul ske­pe te ver­be­ter – ’n voor­sorg­maat­re­ël wat in som­mi­ge ge­bie­de af­neem. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

15

Ma­ri­am Isa is ’n vry­skut­joer­na­lis wat in 2000 na Suid-a­fri­ka ge­kom het as die fi­nan­si­ë­le hoof­kor­re­spon­dent vir die Reu­ters-nuus­a­gent­skap na­dat sy in die Mid­de-oos­te, B­rit­tan­je en S­we­de ge­werk het. Sy het haar in 2007 as ekonomiese re­dak­teur by Bu­si­ness Day aan­ge­sluit en het in 2014 be­dank om oor ’n bre­ër reeks on­der­wer­pe vir ver­skeie pu­bli­ka­sies in Suid-a­fri­ka en B­rit­tan­je te skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.