Kri­ti­ci kan op hul neu­se kyk

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Nas­pers* het plan­ne aan­ge­kon­dig om Mul­ti­choi­ce te ont­knoop en in die eer­ste helf­te van vol­gen­de jaar af­son­der­lik te no­teer. Af­ge­sien van die ys­li­ke Ten­cent- en be­skeie Mail.ru.wins­te is Mul­ti­choi­ce die e­nig­ste an­der wins­sen­trum in Nas­pers. Vir die af­ge­lo­pe fi­nan­si­ë­le jaar het Mul­ti­choi­ce ’n han­dels­wins van so­wat $369 mil­joen (so­wat R5,5 mil­jard) ge­maak. Op ’n p/v van, sê maar 12, be­te­ken dit ’n mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van so­wat R66 mil­jard – wat die vi­deo-ver­maak­maat­skap­py in die Top40 plaas. Die mees­te kom­men­taar oor Mul­ti­choi­ce was ne­ga­tief, maar hy bly oor­heer­send in Suid-a­fri­ka en die res van die vas­te­land. Netflix wen die stroom­oor­log, dis waar, maar Mul­ti­choi­ce het S­ho­w­max, be­staan­de kli­ën­te en na­tuur­lik al die sport. Mul­ti­choi­ce sal waar­skyn­lik sy stroom­aan­bod uit­brei en steeds be­hoor­li­ke wins­te maak – wins­te wat hy nou in­tern kan ge­bruik in plaas daar­van dat om die moe­der­maat­skap­py Nas­pers te na­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.