Wins uit val­slag Hoop­vol

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Life Healthcare het aan­ge­kon­dig dat hy ’n ko­per vir Max Healthcare in In­dië het vir R4,3 mil­jard (af­han­gend van die roe­pee-wis­sel­koers). I­de­aal ge­spro­ke sou die groep wou hê sy In­die­se a­von­tuur moes ge­werk het, maar hy het ’n wins op die ver­koop ge­ge­ne­reer. Die aan­vank­li­ke tran­sak­sie was vir 26% in 2011 waar­voor R850 mil­joen be­taal is.toe het Life Healthcare in die mid­del van 2014 die be­lang tot die hui­di­ge 46,4% ver­hoog en nog R1,35 mil­jard be­taal, wat die belegging op R2,2 mil­jard tot stand ge­bring het. Met veels te veel Suid-a­fri­kaan­se maat­skap­pye wat heel­wat ar­mer van hul buitelandse eks­pe­di­sies te­rug­keer, was dié bie­tjie te­ë­spoed min­stens wins­ge­wend. Sas­fin-re­sul­ta­te vir die jaar tot ein­de Ju­nie het deur­ge­loop on­der slegte skuld, wat die waar­de­da­lings­ver­hou­ding van 1,24% tot 1,97% op­ge­stoot het. Net­to ba­te­waar­de (NBW) per aan­deel is nou 5 392 sent, ter­wyl die aan­deel teen so­wat 3 400 sent ver­han­del. Ek het vroe­ër ’n tran­sak­sie voor­ge­stel, om­dat die aan­deel ge­woon­lik teen ’n pre­mie van 10% tot 50% tot NBW ver­han­del. Maar tóé was die aan­deel­prys so­wat 4 500 sent en het hy bly daal. Dit sal reg­kom, met óf die NBW wat daal (waar­skyn­lik nie veel nie) óf die aan­deel wat styg. Ek ver­kies laas­ge­noem­de, tot so­wat 7 000 sent, al was ek tot dus­ver heel­te­mal ver­keerd oor dié bank­be­heer­maat­skap­py.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.