VIND WAARDE IN SA SE KONSTRUKSIESEKTOR

Baie men­se is dit eens dat die goeie ou dae van plaaslike kon­struk­sie­maat­skap­py e iets van die ver­le­de is. Maar ken­ners glo di it kan lo­nend vir be­leg­gers wees as hul­le vol­hard – mits hul­le die reg­te maat­skap­pye kies.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Fynkam - te­rug­voer@fin­week.co.za

suid-a­fri­ka se konstruksiesektor ver­keer on­der groot druk na ’n de­ka­de van ne­ga­tie­we groei. Die ja­re van op­bloei vóór 2010, wat pro­jek­te soos die sta­di­ons vir die Wê­reld­be­kersok­ker­toer­nooi van 2010, San­ral se pad­pro­jek­te en E­s­kom se me­ga-steen­kool­krag­sen­tra­les, Me­du­pi en Ku­si­le, in­ge­sluit het, is net ’n vae her­in­ne­ring.

En wat sa­ke ver­er­ger het is dat die mil­jar­de wat die re­ge­ring in in­fra­struk­tuur be­lo­we het nooit ’n werk­lik­heid ge­word nie.

In 2018, het Group Fi­ve se aan­deel­prys meer as 93% van sy waarde ver­loor, ter­wyl A­veng se aan­deel­prys net min­der as 98% van sy waarde ver­loor het.

Met die skryf hier­van, aan die ein­de van Sep­tem­ber, het Group Fi­ve se aan­de­le teen 89 sent per aan­deel ver­han­del. ’n Jaar ge­le­de was hul­le R14 elk werd. A­veng ver­han­del teen net 4 sent per aan­deel, ver­ge­le­ke met R3,11 van ’n jaar ge­le­de.

Die da­ta-ont­le­dings­fir­ma, Ti­me­tric, voor­spel ’n saam­ge­stel­de jaar­lik­se groei­koers (SJGK) van 1,57% vir die konstruksiesektor tus­sen 2017 en 2021, en die sleu­tel­aan­dry­wers van dié ma­ti­ge groei is belegging in ver­voer en lo­gis­tiek-in­fra­struk­tuur, e­ner­gie­kon­struk­sie-pro­jek­te en die uit­brei­ding van la­e­kos­te- re­si­den­si­ë­le ge­boue.

Bry­te se Con­structi­on Acti­vi­ty Mo­ni­tor, wat van­jaar in Ju­lie deur die ver­se­ke­rings­maat­skap­py be­kend ge­stel is, het ’n jaar-tot­jaar-sty­ging van 45% in ver­se­ker­de kon­struk­sie­be­dry­wig­he­de in 2017 in Suid-a­fri­ka aan­ge­meld, wat van R42 mil­jard tot R61 mil­jard ge­styg het. Die ver­slag be­ves­tig eg­ter dat die si­tu­a­sie steeds be­roerd is, met Suid-a­fri­kaan­se kon­struk­sie­fir­mas wat ge­leent­he­de on­der­soek wat groei bui­te die lands­gren­se kan aan­vul. Dié ge­leent­he­de het eg­ter hul eie uit­da­gings.

“Met vier van die voor­ste ses groot­ste kon­struk­sie­maat­skap­pye wat 50% tot 75% van hul aan­deel­prys in 2017 ver­loor het en par­ty wat meer as 90% van hul waarde tot en met Ju­nie 2018 ver­loor het, het dié ver­ont­rus­ten­de ver­lie­se waar­skyn­lik on­her­roep­li­ke ver­an­de­ring te­weeg­ge­bring om­dat dit moont­lik reeds te laat vir par­ty fir­mas is,” lui die ver­slag.

Die goeie tye is iets van die ver­le­de

“Die groot maat­skap­pye is nie een smeer­mid­del-ka­pi­ta­li­sa­sie maat­skap­pye nie, hul­le is klein ka­pi­taal maat­skap­pye .”

Way­ne Mccur­rie, por­te­feul­je­be­stuur­der by FNB We­alth and In­ves­t­ment, wys daar­op dat par­ty van Suid-a­fri­ka se kon­struk­sie­reu­se nou we­sen­lik niks werd is nie. In Ju­nie van­jaar is Ba­sil Re­ad, voor­heen een van Suid-a­fri­ka se groot vyf kon­struk­sie­maat­skap­pye, in sa­ke­red­ding ge­plaas en is ver­han­de­ling in sy aan­de­le op­ge­skort. ’n Maand la­ter het Li­vie­ro Group ge­volg, ’n kon­struk­sie­maat­skap­py in pri­va­te be­sit, en in Au­gus­tus E­sor Con­structi­on, ’n fi­li­aal van E­sor Li­mi­ted.

Dié voor­ma­li­ge kon­struk­sie­reu­se het die “uit­da­gen­de ekonomiese om­ge­wing” die skuld vir hul pro­ble­me ge­gee, ter­wyl hul­le ook die kwes­sie van laat be­ta­lings te ber­de ge­bring het, en die ge­brek aan be­ste­ding aan in­fra­struk­tuur­pro­jek­te deur die re­ge­ring be­treur het.

Sa­ke is nou so sleg vir die konstruksiesektor dat baie fonds­be­stuur­ders aan fin­week ge­noem het dat hul­le nie meer om­vat­tend oor die sektor kom­men­taar kan le­wer nie om­dat hul­le “in ’n lang tyd nie daar­na ge­kyk het nie”.

Een fonds­be­stuur­der het die konstruksiesektor “hoof­saak­lik on­be­lê­baar” ge­noem om­dat die aan­de­le van groot kon­struk­sie­maat­skap­pye “il­li­kied” ge­word het.

“Baie is reeds in die konstruksiesektor ver­lo­re,” sê Le­ster Da­vids, ’n ont­le­der by U­num Ca­pi­tal. Hy ver­dui­de­lik dat fonds­be­stuur­ders min­der aan­dag aan die sektor gee om­dat die tyd en moei­te wat no­dig is om be­leg­gings­op­sies te e­va­lu­eer nie ge­reg­ver­dig kan word met aan­de­le met sul­ke lae mark­ka­pi­ta­li­sa­sies nie. “Die groot maat­skap­pye is nie eens meer mid­del-ka­pi­ta­li­sa­sie­maat­skap­pye nie, hul­le is klein­ka­pi­taal­maat­skap­pye.”

“Dit is heel dui­de­lik dat die konstruksiesektor on­der on­ge­loof­li­ke druk ver­keer,” sê Mccur­rie. “Dit is ge­deel­te­lik hul eie skuld.”

Mccur­rie voer aan dat plaaslike

kon­struk­sie­maat­skap­pye in die goeie ja­re reu­se uit­brei­dings ge­maak het (tus­sen 2002 en 2008) en baie meer bo­kos­te aan­ge­gaan het.

“Hul­le het ge­dink die goeie tyd sou vir e­wig duur,” sê Mccur­rie. “Die goeie tye duur nooit vir e­wig nie.”

Is daar nog waarde in SA konstruksie?

Die hui­di­ge pro­bleem vir be­leg­gers is dat hul­le nou nie weet wan­neer die slegte tyd gaan ein­dig nie, sê Mccur­rie.

I­zak van Nie­kerk, ’n ont­le­der by Mer­gen­ce In­ves­t­ment Ma­na­gers, sê hy glo nie die ver­swak­king in die be­dryf is ver­by nie. Hy voer aan dat wan­neer ver­se­ke­rings­maat­skap­pye be­slui­te be­gin neem om hul ri­si­ko te ver­min­der, dit nog pyn gaan ver­oor­saak.

Hoe­wel Van Nie­kerk meen dat daar nog ge­leent­he­de in die sektor is, waar­sku hy dat die ri­si­ko’s baie hoog is en hy be­weer dat daar nie daar­oor “ge­spe­ku­leer of ge­waag” moet word nie.

Mccur­rie sê ’n dap­per be­leg­ger met ’n tien­jaar­sie­ning oor die konstruksiesektor kan baie geld maak. “Die eer­ste vyf jaar sal waar­skyn­lik baie moei­lik wees,” sê hy.

Dit is be­lang­rik om die re­ge­ring se dryf vir swart ekonomiese be­mag­ti­ging (SEB) in die sektor in ag te neem. Dit kan lei tot klei­ner maat­skap­pye in swart be­sit wat uit­styg.

Dit be­te­ken ook dat groot kon­struk­sie­maat­skap­pye aan SEB moet vol­doen as hul­le hul deel van die staat se in­fra­stuk­tuur­pro­jek­te wil ver­se­ker.

Da­vids sê eg­ter dat dit be­te­ken dat die staat e­nor­me be­drae aan in­fra­struk­tuur sal moet be­stee om die mark ’n ap­tyt vir be­leg­gings te gee.

’n Aan­tal ont­le­ders en fonds­be­stuur­ders het vier maat­skap­pye uit­ge­lig wat moont­lik steeds waarde bied.

WBHO

Van Nie­kerk sê WBHO troon bo sy por­tuur­groep uit.

WBHO is die groot­ste Suid-a­fri­kaan­se kon­struk­sie­fir­ma wat op die JSE ge­no­teer is met ’n mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van net min­der as R8,7 mil­jard.

Hy het die bes­te on­der moei­li­ke toe­stan­de ge­vaar en hy het sy ba­lans­staat on­ge­skon­de ge­hou deur wy­se ka­pi­taal­toe­wy­sings.

“’n Groot deel daar­van is sy be­stuur se ri­si­ko­ka­pi­taal­prak­ty­ke,” sê Van Nie­kerk. “Hul­le doen dit een­vou­dig be­ter.”

In WBHO se jong­ste stel jaar­re­sul­ta­te, wat van­jaar in Sep­tem­ber be­kend ge­stel is, het hy ge­meld dat sy al­ge­he­le in­kom­ste met 17,3% tot R18,1 mil­jard toe­ge­neem het, ter­wyl sy in­kom­ste in Aus­tra­lië met 29% ge­groei het wat sy by­drae tot groe­p­in­kom­ste van 56% tot 61% ver­hoog het.

Be­dryfs­wins het met 8,1% tot R510 mil­joen toe­ge­neem en we­sens­ver­dien­ste per aan­deel (WVPA) het met 82,6% ge­styg.

Van Nie­kerk sê dat WBHO nog al­tyd min­der ris­kan­te werk ver­kies het, in teen­stel­ling met sy me­de­din­gers soos Mur­ray & Ro­berts, A­veng en Group 5. WBHO se kern­sa­ke was nog al­tyd die bou van kan­toor­blok­ke en win­kel­sen­trums, en toe die vraag na dié werk in Suid-a­fri­ka op­droog, moes hy el­ders gaan soek, ver­dui­de­lik Van Nie­kerk.

WBHO se doel was om we­sen­lik te di­ver­si­fi­seer. Hy het sy be­leg­gings in die Aus­tra­lie­se ekonomie ver­hoog, nu­we be­leg­gings in B­rit­tan­je ge­vind en sy pro­jek­te in die res van A­fri­ka uit­ge­brei.

Dit word ge­staaf deur sy be­stel­boek van R53,8 mil­jard, met R32,6 mil­jard in Aus­tra­lië en R11 mil­jard in B­rit­tan­je. Slegs R8,7 mil­jard van sy be­stel­boek is in Suid-a­fri­ka ge­ves­tig. (Sy Sui­d­a­fri­kaan­se be­stel­boek het jaar-tot-jaar met 26% ge­krimp.)

WBHO het die Aus­tra­lie­se mark in 2001 be­tree deur ’n be­lang van 40% in Pro­build Con­structi­on te ver­kry. Van­dag is Pro­build ’n vlak 1-kon­struk­sie­maat­skap­py in Aus­tra­lië, wat hom op die re­si­den­si­ë­le sektor in Syd­ney en Mel­bour­ne toe­spits, en WBHO se be­lang daar­in is 85,6%.

In Ju­nie 2017, het WBHO ’n be­lang van 40% in B­rit­tan­je se Byr­ne Group vir R229 mil­joen ver­kry, wat hy ’n jaar la­ter tot 80% ver­hoog het. WBHO het ook ’n be­lang van 60% in die Man­ches­ter-ge­se­tel­de kon­struk­sie­maat­skap­py, Rus­sells Li­mi­ted, en ’n be­lang van 32% in sy sus­ter­maat­skap­py, Rus­sell Ho­mes, ver­kry.

Van Nie­kerk sê dat hoe­wel WBHO baie klei­ner mar­ges in Aus­tra­lië as in Suid-a­fri­ka het, sy be­leg­gings in B­rit­tan­je die po­ten­si­aal het om re­de­li­ke groei te be­haal.

Da­vids wys daar­op dat WBHO se aan­deel­prys al by­kans tien jaar lank tus­sen 14 000 sent per aan­deel en 15 000 sent per aan­deel wis­sel. “Die maat­skap­py is nie on­der die­self­de druk as sy me­de­din­gers nie,” sê Da­vids. “Dus is daar mis­kien ’n tik­sel­tjie waarde hier.”

Aan die ein­de van Sep­tem­ber, het WBHO se aan­deel­prys teen 15 290 sent ver­han­del, la­er as die hoog­te­punt in 2018 van 17 320 sent wat hy laat in Fe­bru­a­rie be­reik het.

Van Nie­kerk sê WBHO se aan­deel­prys ver­han­del teen ’n bil­li­ke prys. “Dit is die bes­te in die groep, maar dis nie ’n goeie sektor nie,” sê hy.

Mur­ray & Ro­berts

Mur­ray & Ro­berts (M&R) is op een na die groot­ste kon­struk­sie­fir­ma op die JSE met ’n mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van net min­der as R7,2 mil­jard.

Par­ty fonds­be­stuur­ders be­vraag­te­ken of M&R nog e­nig­sins as ’n kon­struk­sie­maat­skap­py be­skou kan word en meen dat hy in we­se in ’n myn­maat­skap­py ver­an­der het. Sy toe­tre­de tot die myn­bou­sek­tor sal waar­skyn­lik mee­bring dat M&R oor­leef ter­wyl par­ty van sy me­de­din­gers nie sal nie.

In No­vem­ber 2016, het M&R sy Suid-a­fri­kaan­se in­fra­struk­tuur- en bou-on­der­ne­ming vir R314 mil­joen aan ’n kon­sor­ti­um on­der lei­ding van die Sout­hern Pa­la­ce Group of Com­pa­nies ver­koop.

M&R het sy staal­ver­vaar­di­ging- en op­rig­ting­saak, Gen­rec, ook die maand te­vo­re aan die Sout­hern Pa­la­ce Group of Com­pa­nies vir R185 mil­joen ver­koop, na­dat ’n tran­sak­sie met Ni­se­la Ca­pi­tal deur die mat ge­val het.

In Aus­tra­lië, is M&R be­dry­wig in die on­der­grond­se myn­bou­sek­tor deur sy boor­fi­li­aal, RUC Mi­ning Con­trac­tors, en in die o­lie- en gas­sek­tor is hy be­trok­ke deur mid­del van Clough, ’n in­ge­ni­eurs- en kon­struk­sie­fir­ma wat in die hi­dro­kool­stof- en ma­rie­ne­mi­ne­raal-in­fra­struk­tuur­mark be­dry­wig is.

In sy jong­ste jaar­re­sul­ta­te, wat in Au­gus­tus be­kend ge­maak is, het M&R se be­stel­boek vir o­lie en gas met meer as R1 mil­jard tot

R6,4 mil­jard ge­styg, in­slui­tend be­dui­den­de pro­jek­te met BHP en Al­coa in Aus­tra­lië en Rio Tin­to in Mon­go­lië.

Sy to­ta­le be­stel­boek staan op R30,1 mil­jard, met 41% van die pro­jek­te wat in die Sa­og-streek ge­ves­tig is.

Da­vids sê om ’n Suid-a­fri­kaan­se kon­struk­sie­maat­skap­py te kies om in te be­lê, is soos om “die bes­te van ’n slegte klomp” te kies, maar hy sê M&R sal sy eer­ste keu­se wees. Hy wys daar­op dat die maat­skap­py ’n goeie net­to kon­tant­po­si­sie het en hou vol dat daar waarde te vin­de is.

“Hy het na Aus­tra­lië uit­ge­brei en doen selfs werk in Mon­go­lië,” sê hy.

Van Nie­kerk glo eg­ter dat M&R baie min­der ri­si­ko­be­stuur bied ver­ge­le­ke met ’n maat­skap­py soos WBHO, iets wat be­leg­gers in gedagte moet hou. Hy sê dit kan dik­wels ver­lie­se op ris­kan­te pro­jek­te be­te­ken weens on­voor­sie­ne ver­tra­gings.

Rau­bex

Rau­bex is die der­de groot­ste kon­t­ruk­sie­fir­ma op die JSE met ’n mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van net meer as R3,6 mil­jard.

Hoe­wel hy be­ter as par­ty van sy me­de­din­gers ge­vaar het, het die ag­ter­uit­gang van die konstruksiesektor son­der twy­fel let­sels ge­laat – hy moes twee van sy si­vie­le-in­ge­ni­eurs­fi­li­a­le, L&R Ci­vils en S­tra­ta Ci­vils, sluit.

In Rau­bex se jong­ste stel jaar­re­sul­ta­te, wat in Mei van­jaar be­kend ge­stel is, het die kon­struk­sie­maat­skap­py ge­meld dat sy al­ge­he­le in­kom­ste met 5,1% tot R8,54 mil­jard ge­daal het. WVPA het eg­ter met 13,3% toe­ge­neem.

Gie­lie Fou­rie, ’n di­rek­teur by O­ver­berg As­set Ma­na­ge­ment, sê Rau­bex het ’n baie sterk ba­lans­staat, met een kwart van sy mark­ka­pi­ta­li­sa­sie wat in kon­tant ge­hou word.

Om ’n Suid-a­fri­kaan­se kon­struk­sie­maat­skap­py te kies om in te be­lê, is soos om “die bes­te van ’n slegte klomp” te kies.

Fou­rie sê dat hoe­wel Rau­bex hoof­saak­lik ’n bou­er van paaie en brûe in Suid-a­fri­ka is, moes hy sy in­kom­ste­stro­me di­ver­si­fi­seer. Rau­bex is nou ook be­trok­ke by kon­struk­sie­pro­jek­te vir her­nu­ba­re e­ner­gie en het be­gin om ou ge­boue in ste­de op te knap en het stap­pe ge­doen om in­ter­na­si­o­naal te di­ver­si­fi­seer.

Sy werk vir San­ral as ’n per­sen­ta­sie van sy be­stel­boek het in die 2018 fi­nan­si­ë­le jaar van 23% tot 12% ge­daal.

Vol­gens Van Nie­kerk, het Rau­bex na tra­di­si­o­ne­le kon­stuk­sie­werk met la­er ri­si­ko en klei­ner mar­ges be­weeg.

Hy sê eg­ter Rau­bex is ook ’n ver­ti­kaal ge­ïn­te­greer­de maat­skap­py, wat hom die ge­leent­heid bied om sy eie in­set­te te voor­sien. Dit sal in hier­die moei­li­ke tyd met mar­ges help.

Rau­bex se op­knap­ping­saak, Rau­bex Re­no­vo, het ’n ge­se­ku­reer­de be­stel­boek van R926 mil­joen, ter­wyl Rau­bex In­fra ge­se­ku­reer­de werk ter waarde van R678 mil­joen in twee wind­krag­plaas­pro­jek­te het.

In Ja­nu­a­rie van­jaar het Rau­bex 70% van die We­st­for­ce Con­structi­on Group van Perth, Aus­tra­lië, vir R60 mil­joen ver­kry.

Rau­bex is ook be­trok­ke by die bou van ’n win­kel­sen­trum en ho­tel van 18 000 m2 in Ka­me­roen vir die mul­ti­na­si­o­na­le groep, Actis, en sy G­ha­ne­se ven­noot, Craft De­ve­lop­ment.

Hy het ook ’n pad­pro­jek van R1,2 mil­jard met die Zam­bia Ro­ad De­ve­lop­ment A­gen­cy.

Aan die ein­de van Sep­tem­ber, het Rau­bex-aan­de­le ver­han­del teen R21, ná ’n hoog­te­punt van R22,50 in laat Fe­bru­a­rie 2018.

Cal­gro M3

Cal­gro M3 ont­wik­kel be­kos­tig­ba­re re­si­den­si­ë­le een­he­de. Sy mark­ka­pi­ta­li­sa­sie is net-net meer as R1,6 mil­jard.

Cal­gro se aan­deel­prys was stroom­op in die sektor, net min­der as 70% ho­ër oor die af­ge­lo­pe vyf jaar. Maar in 2018 is dit om­trent 38% la­er en die aan­deel ver­han­del tans teen on­ge­veer R10.

Van Nie­kerk sê Cal­gro M3 se be­dry­wig­he­de in die be­hui­sings­mark – wat steeds in groot aan­vraag is – is ’n won­der­li­ke en min­der ris­kan­te nis in die konstruksiesektor.

Cal­gro M3 se pri­mê­re fo­kus­ge­bie­de vir sy re­si­den­si­ë­le ei­en­doms­ont­wik­ke­ling­saak sal wees om die be­staan­de pyp­lei­ding van 54 376 ge­leent­he­de, met ’n on­ge­ës­ka­leer­de in­kom­ste van R25,3 mil­jard oor die vol­gen­de ses jaar in be­dryf te stel.

Dit is eg­ter sy eiendom, F­leur­hof, in die suid­wes­te van Jo­han­nes­burg en Sunset Vil­la­ge Flats in S­cotts­de­ne, Kaap­stad, wat vroe­ër van­jaar grond­be­set­tings er­vaar het, wat vol­gens die uit­voe­ren­de hoof,

Wi­kus La­te­gan, in die toe­koms al hoe meer ri­si­ko vir die maat­skap­py gaan ver­oor­saak.

Da­vids is dit eens dat be­set­tings as ’n ri­si­ko ge­sien moet word. Hy sê eg­ter die maat­skap­py se di­ver­si­fi­se­ring na die re­si­den­si­ë­le huur­be­leg­gings­mark en sy be­graaf­plaas­on­der­ne­ming het nu­we in­kom­ste­stro­me, wat sal groei, vir die maat­skap­py ge­skep.

Vol­gens Fou­rie het Cal­gro M3 ’n baie lang pyp­lei­ding en ’n sterk ba­lans­staat en hy sê die kon­struk­sie­maat­skap­py is “ge­heel en al on­der­waar­deer”.

“Die prys kan heel­wat styg,” sê hy.

Cal­gro M3 het tot die re­si­den­si­ë­le huur­be­leg­gings­mark toe­ge­tree om jaar­lik­se in­kom­ste te ver­se­ker om as be­dryfs­kon­tant te ge­bruik en hy ver­wag ’n op­brengs op e­kwi­teit van 20,5% op die groep se belegging van R4 mil­jard.

Cal­gro M3 het ook groot plan­ne om sy be­graaf­plaas-on­der­ne­ming, Me­mo­ri­al Parks, uit te brei wat hy as ’n ho­ë­groei­saak be­skou. Die groep hoop om sy wins­be­drae teen 2019 tot 10% te ver­hoog en tot 33,3% teen 2021.

I­zak van Nie­kerk Ont­le­der by Mer­gen­ce In­ves­t­ment Ma­na­gers

Way­ne Mccur­rie Por­te­feul­je­be­stuur­der by FBN We­alth and In­ves­t­ment

Le­ster Da­vids Ont­le­der by U­num Ca­pi­tal

Wi­kus La­te­gan Uit­voe­ren­de hoof van Cal­gro M3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.