Oor swa­pe en dom in­ko­pies

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot -

D­reun­sang en skan­de­stap­pies

Hier­die uit­ga­we se Zoe­loe-woord is buyi­se­la. Buyi­se­la be­te­ken gee te­rug, her­stel, neem te­rug.

Men­se wat in oor­we­gend Zoe­loe­spre­ken­de towns­hips groot­ge­word het, sal waar­skyn­lik die kog­gel­rym­pie “Ma­then­ga-then­ga buyi­se­la, buyi­se­la ...” ont­hou.

Ma­then­ga-then­ga hou ver­band met then­ga – koop. Dus is ma­then­ga-then­ga buyi­se­la ba­sies: “Haai, swaap, jy het die ver­keer­de ding ge­koop en moet dit nou te­rug­vat.”

Die woon­buurt se kin­ders sou dit ge­na­de­loos dreun­sing ter­wyl jy na die winkels te­rug­loop om die ver­keer­de i­tem wat jy ge­koop het te­rug te vat. Die werklik aak­li­ge kin­ders sou jou selfs daar­heen volg.

Ek het al­tyd deur­me­kaar­ge­raak met die groen­te. As my ma my stuur om ta­ma­ties te koop, sou ek met uie by die huis aan­kom. Nie net sou ek die ver­keer­de ding bring nie, maar ook baie laat te­rug­kom, want pleks van om reg­uit winkels toe te gaan, sou ek eers gaan speel het – wat ook is hoe­kom ek ver­geet het wat ek moes koop.

Daar­die ma­then­ga-then­ga buyi­se­las­kand­stap­pie was er­ger as die pak slae self. Nie­mand wou die ka­si dom­kop wees nie. Ek wil huil net as ek daar­aan dink.

Dit het nie ge­help as jy wéér met die ver­keer­de ding op­daag nie om­dat dit moei­lik was om in­struk­sies te hoor ty­dens die loe­sing vir die eer­ste ver­keer­de aan­koop.

In elk ge­val, el­ke keer as die hof ’n kor­rup­te po­li­ti­kus, sa­ke­man of staats­amp­te­naar ge­las om geld te­rug te be­taal wat hul­le ge­steel het, moet ons hul­le ag­ter­volg en dreun­sing:

“Mants­honstha-nts­hontsha buyi­se­la, buyi­se­la. Mants­hontsha-nts­hontsha buyi­se­la, buyi­se­la ...”

Mats­hontsha-nts­hontsha hou ver­band met nts­hontsha – steel.

Hier dui die woord­deel “ma-” op ie­mand wat iets ge­doen het of baie doen. ’n Voor­beeld is ma­jai­va­ni – ie­mand wat baie ji­ve en dik­wels goed ook. Ge­volg­lik is mants­hontsha ’n dief.

- Me­lu­si se #e­ver­y­day­zu­lu deur Me­lu­si Ts­ha­ba­la­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.