Voer­tuig­ver­ko­pe on­der po­li­tie­ke druk

George Herald - Auto Dealer - - Auto Dealer - BER­NARD K HELLBERG

Die af­na­me on­der nu­we voer­tuig­ver­ko­pe wat die af­ge­lo­pe aan­tal maan­de merk­baar ge­word het, duur voort met 1 854 min­der voer­tuie wat in Fe­bru­a­rie van die hand ge­sit is. Die to­taal van 46 347 is 3,8% min­der as in die oor­een­stem­men­de maand ver­le­de jaar.

Nog­tans het pas­sa­siers­voer­tuie steeds re­de­lik goed ver­koop en was die to­taal van 31 200 een­he­de slegs 0,4% of­te wel 123 een­he­de min­der as in Fe­bru­a­rie 2017.

Die groot­ste te­rug­slag is er­vaar in die lig­te han­dels­voer­tuig­sek­tor waar ver­ko­pe 1 410 een­he­de min­der was (13 212) as in 2017. Dit kom neer op mar­kin­krim­ping van 9,6%.

Daar was ver­skeie ver­ras­sings on­der die top­tien-pres­teer­ders waar Toyo­ta weer bo­baas was met 10 624 ver­ko­pe – met ‘n reu­se-by­drae deur Hi­lux wat nou al ou­der­ge­woon­te die al­ge­he­le top­ver­ko­per was met 3 369 een­he­de.

An­der Toyo­ta-pres­teer­ders was Corol­la, Au­ris en Qu­est op 1 302 en For­tu­ner met 1 007 een­he­de wat nu­we tuis­tes ge­vind het. Die groep se luuk­se mo­tor, Lexus, sal eg­ter werk moet maak van ‘n be­skeie 73 to­taal wat maar sleg af­steek teen Ja­guar se 118 ver­ko­pe.

Soos al­tyd is Volks­wa­gen (7 519) in ‘n ste­wi­ge t­wee­de plek dank­sy ‘n goeie ver­be­te­ring van na­ge­noeg 500 een­he­de op die Ja­nu­a­rie-ver­ko­pe. Die in­druk be­staan dat Volks­wa­gen al­tyd die top­ver­ko­per pas­sa­siers­voer­tuig sal wees, en hier is die Po­lo (2 847) geen uit­son­de­ring nie. Die nu­we Vi­vo, wat on­langs op­ge­dol­lie is, is kort op sy hak­ke met 2 044 ver­ko­pe. Die groep se Au­di-di­vi­sie het self taam­lik goed ge­vaar met 898 ver­ko­pe – ge­rug­steun deur die A3 se uit­ste­ken­de 250 een­he­de.

Dis eg­ter nie al­les maan­skyn en ro­se vir Volks­wa­gen nie, want A­ma­rok (162) sak al ver­der te­rug. Selfs Ma­hin­dra S­cor­pio Pik Up (214) doen be­ter – om nie eers te praat van GWM S­teed (178) nie!

Die der­de lid van die Groot Drie, Ford. (5 654) het puik pres­teer met ‘n ver­be­te­ring van na­ge­noeg 500 ver­ko­pe teen­oor Ja­nu­a­rie van­jaar.

Ford se pres­teer­ders, ou­der­ge­woon­te, was Ran­ger (2 253), E­coS­port (814), Fi­go (7750 en Fies­ta met 572 ver­ko­pe. Die ge­sog­te Mus­tang (59) vaar steeds goed, maar daar is ook men­se wat steeds ‘n Ku­ga (94) sal aan­skaf.

Sta­dig maar se­ker hand­haaf Nis­san (4 779) sy vier­de plek dank­sy NP200 op 1 690 ver­ko­pe, en NP300 op 886. Na­va­ra, daar­en­teen, suk­kel voort met ‘n be­skeie to­taal van 129 – selfs swak­ker as Volks­wa­gen se A­ma­rok.

Die vyf­de plek be­hoort aan Hyun­dai met 3 197 ver­ko­pe – dank­sy Grand i10 (1 008), ge­volg deur Tu­c­son op 450 een­he­de, i20 op 493 en C­re­ta met 443 ver­ko­pe.

Mer­ce­des-Benz, wat nie in­di­vi­du­e­le ver­ko­pe be­kend maak nie, het dank­sy 2 111 ver­ko­pe van agt­ste tot ses­de plek op­ge­skuif, ter­wyl Re­nault (1 759) die se­wen­de plek be­klee om­dat K­wid (582), C­lio IV (482), en Cap­tur (233) goed pres­teer het.

Nu­we­ling I­su­zu (1 512) het werk­lik goed ge­vaar en twee plek­ke op­ge­skuif tot in die agt­ste po­si­sie – hoof­saak­lik van­weë sy be­trou­ba­re KB-mo­del­le. Dis net ‘n kort­kop voor KIA (1 508) wat dank­sy Pi­can­to (686), Rio (438) en S­por­ta­ge (202) voort­du­rend pres­teer.

Die laas­te plek on­der die top­tien gaan na ‘n iet­wat suk­ke­len­de BMW (1 361) wat 500 een­he­de min­der is as in Ja­nu­a­rie van­jaar ver­koop het. BMW het in­tus­sen tot in­keer ge­kom en ver­meld nou weer in­di­vi­du­e­le ver­ko­pe. Hier­deur kan ons sien dat die 3-Reeks (506) weer die man­ne van M­ün­chen se top­ver­ko­per is.

In­tus­sen is daar twee Ja­pan­se in­voer­ders – Ma­z­da (1 256) en Su­zu­ki (1 179) wat in die Ger­maan­se nek blaas. Fe­bru­a­rie was dan ook die eer­ste maand dat Su­zu­ki die dui­send-kerf oor­ge­steek het.

An­der ver­vaar­di­gers bui­te die top­tien sluit in: Porsche (91), ge­volg deur luuk­se han­dels­mer­ke soos Ma­se­ra­ti (12), Fer­ra­ri (11) en Bent­ley (5). Ja­guar/Land Ro­ver kan heel te­vre­de voel met sy 511 ver­ko­pe waar­van die Ja­guar-han­dels­naam Toyo­ta se Lexus uit­ge­stof het.

Daar word ver­wag dat re­ge­rings­be­slui­te soos ver­hoog­de BTW, ‘n woes­te brand­stof­hef­fing, ‘n ho­ër ad va­lorum-hef­fing op mo­tors duur­der as R900 000 en ‘n ver­ho­ging in uit­laat­gas­be­las­ting die mark kan be­na­deel – wat eg­ter weer kan reg­kom dank­sy ‘n be­ter groei­koers en ver­hoog­de sa­ke­ver­troue.

Corol­la bly een van Toyo­ta se staat­ma­kers.

Volks­wa­ge Po­lo in 'n ste­wi­ge t­wee­de plek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.