Motorpret by Honda George ‘Dream Days’
Gelukkige klante, voornemende kopers en almal wat sommer net van die Honda-handelsmerk hou, het vroeër vandeesmaand by Honda George saamgekuier om van die nuutste modelle te bewonder. Daar was ook besondere winskopies op nuwe en gebruikte Honda’s, wat gesorg het vir gesonde vergelykings en staaltjies oor Honda-motors.
Algoa FM het ‘n vrolike atmosfeer geskep met hul buiteuitsending en gaste kon ook ‘n worsbroodjie, koeldrank, of Honda se uitstekende koffie geniet.
Vir almal wat dit misgeloop het - hou Autodealer dop om te sien wanneer die volgende gesellige geleentheid sal wees.
Isaac Janse en mnr en mev Louw Neil Hofmeyr, Riaan Kasselman en Lishé Hofmeyr Pierre Ungerer en Eddie Reppert Leigh Abrie, Riaan Kasselman, Lee-Ann De Lima en Isaac Janse van Honda