Mod­der spat op Oudts­hoorn-o­vaal­baan

George Herald - Auto Dealer - - News - FRANCOIS GER­MIS­HUYS

Ver­le­de Sa­ter­dag is die twee­de ron­de van die SWDo­vaal­baan­ren­ne op die Ar­nold de Ja­ger-ren­baan bui­te Oudts­hoorn af­ge­han­del.

So­wat 40 mo­tors het in ses klas­se in­ge­skryf. Daar was groot op­ge­won­den­heid ty­dens die eer­ste keer wat Ben­nie G­rey­ling met sy nu­we mon­ster V8 C­hev aan ‘n wed­ren deel­ge­neem het. G­rey­ling het laat ver­le­de jaar die mo­tor in Jo­han Swart se werks­win­kel in Port E­li­za­beth laat bou. Om­trent 97% van die mo­tor se on­der­de­le is uit die VSA in­ge­voer. Die mon­sterC­hev sal moei­lik op die Suid-Kaap se ba­ne ge­klop word. G­rey­ling wil die jaar `n sterk aan­slag maak op die SA kam­pi­oen­skap­pe in die V8- klas.

Weens die warm en droë toe­stan­de op Oudts­hoorn, moes die baan kort-kort nat­ge­spuit word om te voor­kom dat die op­per­vlak­te breek. Ge­volg­lik was die baan by tye baie glad en die mo­tors was bruin van die mod­der. Dit was by tye moei­lik om die ver­skil­len­de mo­tors uit te ken. ‘n Paar ja­ers het da­rem tus­sen die wed­ren­ne hul mo­tors skoon­ge­maak vir mooi fo­to’s. Die glad­de toe­stan­de het eg­ter ‘n he­le paar mo­tors se dop­pie ge­klink.

In die Ont­wik­ke­lings­klas het die mod­der ge­spat tus­sen die Gol­fies, ‘n Mi­ni en ‘n O­pel Cor­sa. Die klas is mees­ter­lik deur Niel En­gel­brecht in sy prag­ti­ge O­pel Cor­sa F­lexi ge­wen. In die twee­de plek was die 10-ja­ri­ge Qu­do de Wet van Wor­ces­ter met sy VW Golf. ‘n Mens kan nie glo dat so ’n klein man­ne­tjie die har­de­baar­de met sy be­stuurs­ver­nuf kon ore aan­sit nie. Der­de was I­van Pi­tol in sy VW Golf.

Die 1660-klas het net so­veel ak­sie op­ge­le­wer. Die mod­der het hier sy kwaai tol on­der die man­ne ge­ëis. Net twee 1660-mo­tors kon die wed­ren vol­tooi. Die mod­der het ver­oor­saak dat Jaco O­ber­hol­zer met sy Golf ge­gly het en die twee man­ne ag­ter hom kon nie be­tyds s­top nie. Die mo­tor van André Fou­ché en Ro­bert Mat­thee is erg be­ska­dig. Mat­thee was in die mid­del en sy mo­tor was die mees­te be­ska­dig. Fou­ché het die aand met net ‘n der­de rat vol­tooi. O­ber­hol­zer het die klas ge­wen met sy Golf en Fou­ché was twee­de met sy baie siek VW Po­lo.

Die Ho­trod-klas is mees­ter­lik deur C­li­ve Mey­er met sy prag­ti­ge nu­we O­pel Cor­sa ge­wen. Die mo­tor word aan­ge­dryf deur ‘n tur­bo-aan­ge­jaag­de VW Golf-en­jin. Dit is ver­stom­mend hoe stil die mo­tor se en­jin loop. Die twee­de plek in die klas is be­haal deur S­haun Pot­gie­ter met sy prag­ti­ge Volks­wa­gen S­ci­roc­co. In die der­de plek was Le­on Fou­ché met sy Re­nault C­lio.

In die 2,1-klas was die gort som­mer vin­nig gaar. Hier was ‘n groot stryd tus­sen Hen­dri­cus Bo­tha, Chris­to­pher Bu­ris­ch en A­lis­tair Simp­son in hul­le O­pel Cor­sas. Na die af­han­de­ling van die drie uit­dun­ren­ne, was dit tyd vir die fi­naal en die drie het me­kaar op­ge­keil tot by die wen­vlag. Feit­lik by­me­kaar is hul­le oor die wen­streep met mees­ter Bo­tha aan die voor­punt, Bu­ris­ch twee­de en Simp­son der­de. Dit was vir se­ker die klas waar­in al die toe­skou­ers op hul­le voe­te was.

Die He­a­vy Me­tal-klas het net so­veel op­win­ding op­ge­le­wer. Die BMW`s van André le Roux, André Kel­ler en nu­we­ling Wil­li­am S­teyn het die pap lek­ker dik aan­ge­maak. Cor­né Oost­hui­zen moes on­ge­luk­kig na die eer­ste uit­dun, wat hy ge­wen het, sy BMW 535 ont­trek na­dat hy ge­wen het. Hy het in die mod­der ge­gly en sy mo­tor erg teen die muur be­ska­dig. Die klas is deur Le Roux ge­wen, met Kel­ler en S­teyn twee­de en der­de on­der­skei­de­lik.

Die Ge­mo­di­fi­seer­de V8-klas was die gro­te van die dag: wat sou Ben­nie G­rey­ling met sy nu­we mon­ster uit­rig? Hy het som­mer van die eer­ste wed­ren af sy stem­pel af­ge­druk en die an­der het be­slis ge­wéét hy was op die baan. In die der­de uit­dun het hy vir die he­le veld weg­ge­ry. Hy het ein­de­lik met meer as ‘n hal­we rond­te ge­wen. Toe kom die fi­na­le wed­ren met G­rey­ling en Jo­han Kuy­ler (C­hev F­lexi) in ‘n taai stryd aan aan die voor­punt. Met rond­te twee het G­rey­ling dit ‘n bie­tjie oor­doen in een draai en sy mo­tor in die rond­te ge­tol. Hy het tot by­kans heel ag­ter te­rug­ge­val en toe die kra­ne oop­ge­draai. Kuy­ler was eg­ter nét te sterk vir hom en G­rey­ling moes met die twee­de plek te­vre­de wees. In die der­de plek was Pie­ter Com­brinck met sy C­hev F­lexi.

Daar was lank­laas so­veel op­win­ding by ‘n plaas­li­ke o­vaal­baan­wed­ren.

Die vol­gen­de wed­ren in die SWD-reeks is op 14 A­pril weer in Oudts­hoorn. Dit word ge­volg deur die SA Kam­pi­oen­skap se kwa­li­fi­se­ren­de wed­ren­ne op 28 A­pril in Ge­or­ge.

Fo­to’s: Francois Ger­mis­huys

in die 1660-klas was drie mo­tors in ‘n bot­sing na­dat Jaco O­ber­hol­zer met die Golf voor, dwars ge­gly het. Die VW Golf in die mid­del van Ro­bert Mat­thee was so erg be­ska­dig dat hy nie kon voort­gaan nie. André Fou­ché het na dié on­der­on­sie met rat­kas­pro­ble­me ge­suk­kel.

Ben­nie G­rey­ling werk die nu­we mon­ster V8 C­hev se gal ty­dens `n oe­fen­ses­sie.

Cor­né Oost­hui­zen bots hard met die muur. Sy mo­tor was so erg be­ska­dig dat hy nie kon voort­gaan nie.

Chris­to­pher Bu­ris­ch is hier op pad na `n skit­te­ren­de twee­de plek in die 2,1-klas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.