Voer­tuig­ver­ko­pe on­der druk

George Herald - Auto Dealer - - Nuus - BER­NARD K HELLBERG

Die ver­ko­pe van nu­we voer­tuie in Au­gus­tus van­jaar (pas­sa­siers­mo­tors en lig­te han­dels­voer­tuie) het 'n ge­rin­ge (2,5%) maar on­ver­wag­te da­ling van 1 234 een­he­de vir 'n to­taal van 47 924 een­he­de ge­toon.

In die ge­val van pas­sa­sier­voer­tuie was die to­taal 31 447, ter­wyl lig­te han­dels­voer­tuie iet­wat be­ter ge­vaar het met 'n to­taal van 13 956 (5,8% min­der as in Au­gus­tus 2017).

Toyo­ta (10 869) was wéér die suk­ses­vol­ste ver­vaar­di­ger, maar ge­vaar­lig­te flik­ker aan­ge­sien dit af­steek teen Ju­lie se 12 840 ver­ko­pe. Ou­der­ge­woon­te was die im­mer­ge­wil­de Hi­lux die bak­kie-top­ver­ko­per met 'n to­taal van 3 366 - teen­oor Ford Ran­ger se 2 535. An­der top­ver­ko­pers in die Toyo­ta-stal sluit in: Corol­la/ Au­ris/Qu­est (1 151), E­ti­os met (900) en For­tu­ner (888). Die nu­we Rush (eint­lik 'n Dai­hat­su) het ge­sorg vir 300 ver­ko­pe, ter­wyl Toyo­ta se luuk­se af­de­ling - Lexus - voort­suk­kel met 'n be­skeie to­taal van 58 ver­ko­pe. Dit was merk­waar­dig dat Volks­wa­gen se Ti­guan in Au­gus­tus met 417 ver­ko­pe, Toyo­ta RAV se 268 be­hoor­lik ge­troef het.

Van Volks­wa­gen (7 932) ge­praat: vir die eer­ste keer in maan­de was Po­lo (3 414) die al­ge­he­le top­ver­ko­per, ter­wyl ver­le­de jaar se Po­lo, wat die Vi­vo-e­ti­ket en ou­er teg­no­lo­gie dra, da­rem 1 900 ver­ko­pe kon aan­te­ken.

Die ge­noem­de ge­vaar­lig­te flik­ker ook vir die groep se A­ma­rok met be­skeie ver­ko­pe van 181 een­he­de. Selfs Hyun­dai se plaas­lik ge­mon­teer­de H-100 het be­ter ge­vaar met 337 ver­ko­pe, ter­wyl die ru­we Ma­hin­dra S­cor­pio Pik-Up (248) ook be­ter as die A­ma­rok ge­vaar het.

Jam­mer dat Mer­ce­des-Benz so skug­ter is ten op­sig­te van hul­le nu­we X-klas, want ek ver­moed dat die koms van hier­die nu­we­ling ook druk op die V6-A­ma­rok se ver­ko­pe uit­oe­fen.

Na 'n skrik­maak deur Nis­san twee maan­de ge­le­de, is Ford (4 979) net-net met 43 een­he­de voor Nis­san. Ford word, soos al­tyd, ge­red deur Ran­ger, ter­wyl 118 nu­we ei­e­naars met Mus­tangs gaan spog. Die pas op­ge­kik­ker­de E­coS­port het 537 nu­we ei­e­naars se har­te ge­steel, ter­wyl Fies­ta se 393 ver­ko­pe heel re­de­lik is. In die vier­de plek on­der die top­tien word Nis­san (4 936) 'n groot be­drei­ging vir Ford, dank­sy sy han­dels­voer­tuie soos NP200 (1 634), en NP300 met 905 ver­ko­pe. On­der die pas­sa­sier­mo­tors is dit net Dat­sun GO (631) en Al­me­ra met 405 ver­ko­pe wat be­ïn­druk het. Die vyf­de plek be­hoort steeds aan Hyun­dai (3 169) wie se Grand i10 (1 020 ver­ko­pe) en i20 (673) die pot aan die kook hou. Die aan­trek­li­ke Tu­c­son het ook goed pres­teer met 354 ver­ko­pe wat be­ter was as Toyo­ta RAV se ge­noem­de be­skeie 268 een­he­de wat nu­we ei­e­naars ge­vind het. Na et­li­ke ja­re aan die on­der­punt van die lys, het Re­nault in­tus­sen stil-stil goed ge­vor­der met 'n Au­gus­tus-to­taal van 2 161 - meer as 300 een­he­de be­ter as in die vo­ri­ge maand. Re­nault se wen­ners het bestaan uit K­wid (767), San­dero II (683) en C­lio IV (408).

In die se­wen­de plek en meer as 200 ver­ko­pe ag­ter Re­nault, is Mer­ce­des-Benz se 1 949 to­taal nie juis in­druk­wek­kend nie. Hier­die ver­vaar­di­ger ver­seg ook om in­di­vi­du­e­le mo­del­ver­ko­pe be­kend te maak. In die ver­le­de was Mer­ce­des-Benz en BMW dik­wels kop-aan-kop, maar in­tus­sen het I­su­zu in die agt­ste plek in­ge­skuif met 'n heel re­de­li­ke to­taal van 1 919. Dit is am­per 300 ver­ko­pe be­ter as in Ju­lie. Hier­van het die KB­bak­kie­reeks al­te­sa­me1 542 ver­ko­pe by­ge­da, ter­wyl MU-X vir 83 ver­ko­pe ge­sorg het.

Kia (1 750) klou ste­wig aan sy ne­gen­de plek dank­sy Pi­can­to met 1 071 ver­ko­pe, Rio (340) en S­por­ta­ge met 'n ste­wi­ge 208 ver­ko­pe. Nie een van sy an­der mo­del­le was in staat om dub­bel­sy­fers te haal nie.

En dan kom ons by die laas­te ska­pie in die kraal - BMW met 1 537 ver­ko­pe. Dit is nog 'n ver­vaar­di­ger wat glo dat die pu­bliek nie hoef te weet hoe sy in­di­vi­du­e­le mo­del­le vaar nie.

On­der die ver­vaar­di­gers en in­voer­ders wat tans bui­te die top­tien­af­de­ling val, kan ons ge­rus 'n o­gie hou op Su­zu­ki. Van­af 'n be­skeie maan­de­lik­se ge­mid­deld van 400 ver­ko­pe, word tans ge­reeld deur die vier­sy­fer­kerf ge­bars. Su­zu­ki se 1 040 ver­ko­pe kan bin­ne­kort aan­sien­lik ver­der ver­be­ter so­dra die nu­we Jim­ny 1,5 in No­vem­ber be­kend ge­stel word. On­der die luuk­se en nis­mark- voer­tuie bui­te die top­tien-lys, staan Porsche ou­der­ge­woon­te ste­wig met 109 ver­ko­pe - am­per bin­ne be­reik van Fi­at/Al­fa Ro­meo/Jeep se ui­ters ne­de­ri­ge to­taal van 147.Eien­aar­dig ook dat die ü­ber-luuk­se drie­ling, Bent­ley (3), Ma­se­ra­ti (5) en Fer­ra­ri (3), feit­lik elk maand die­self­de sy­fers aan­te­ken. An­der ver­vaar­di­gers wat ver­mel­ding ver­dien, sluit in: Vol­vo (287) met die XC60 (92), XC40 (73) en XC90 met 62 ver­ko­pe wat die tel­bord aan die rol ge­hou het. Ja­guar/Land Ro­ver sal se­ker­lik won­der wat hul­le nog moet doen om hul­le 392 ver­ko­pe tot by die 500-kerf op te skuif waar hul­le hoort.

In­tus­sen ver­swak die rand daag­liks, ko­peron­se­ker­heid neem toe en Naam­sa het sy 2018-voor­spel­ling (to­ta­le ver­ko­pe) af­waarts aan­ge­pas van 366 000 na 340 000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.