Toyo­ta weer ko­ning in Kin­sey-ver­slag

George Herald - Auto Dealer - - Autodealer -

Toyo­ta het met die mees­te toe­ken­nings in die 2017-Kin­sey-ver­slag weg­ge­stap na­dat hy vier af­de­lings ge­wen en se­we po­di­um­po­si­sies op­ge­raap het. Dit was Toyo­ta se bes­te ver­to­ning nog na­dat hy in 2016 ses po­di­um­po­si­sies en drie oor­win­nings, in 2015 se­we po­di­um­po­si­sies en drie oor­win­nings en die jaar te­vo­re vyf po­di­um­po­si­sies en twee oor­win­nings be­haal het. Van­jaar se pei­ling was vir ’n on­der­de­le­mand­jie vir 62 voer­tuie, waar el­ke mand­jie in die drie ge­wo­ne on­der­af­de­lings vir ver­sie­ning (diens), in­stand­hou­ding en bots­her­stel­werk ver­deel is.

Die im­mer­groen Corol­la is weer as die bes­te in die af­de­ling vir ge­sins­guns­te­lin­ge aan­ge­wys. Dié brood-en-bot­ter-se­dan is ’n Kin­sey­suk­ses­ver­haal soos min en oor­heers hier­die af­de­ling al van 2014 af. Van­jaar was die Corol­la Qu­est en die nu­we Corol­la weer eer­ste en twee­de – die vier­de keer dat hul­le dit reg­kry. Die Corol­la het in 2012 en 2013 ’n sil­wer me­dal­je ge­wen, maar se­dert­dien kon geen an­der mo­del nog dié boon­ste po­si­sie in­neem nie.

Die 1,6 Corol­la Qu­est en 1,6 Corol­la P­res­ti­ge word deur net ’n paar dui­send rand in die al­ge­he­le on­der­de­le­mand­jie en net ’n breuk­deel van die per­sen­ta­sie op die ge­bied van waar­de vir geld van me­kaar ge­skei. Die kos­te van die Qu­est se on­der­de­le­mand­jie, wat die laag­ste is, spog met die goed­koop­ste pry­se vir on­der­de­le vir bots­her­stel­werk.

Die Corol­la P­res­ti­ge in die twee­de plek het die der­de goed­koop­ste ver­sie­nings­prys en die naas­bes­te bot­son­der­de­le­pry­se.

Die ver­to­ning van die For­tu­ner is eg­ter selfs nog be­ter. Suid-A­fri­ka se guns­te­ling-sport­nuts oor­heers die nuts­mo­tor­af­de­ling al die af­ge­lo­pe ses jaar. Die twee­de plek in dié af­de­ling word deur die RAV4 2,0 in­ge­neem - se­we plek­ke be­ter as ver­le­de jaar. Die Toyo­ta Pra­do 3,0 VX is heel bo in die af­de­ling vir luuk­se nuts­voer­tuie dank­sy sy oor­heer­sing in die al­ge­he­le on­der­de­le­mand­jie en sy per­sen­ta­sie wat waar­de vir geld be­tref.

Toyo­ta het ook die af­de­ling vir dub­bel­ka­juit­bak­kies met die Hi­lux 2,8 GD oor­heers, wat die af­de­lings vir die on­der­de­le­mand­jie en die be­kos­tig­baar­heids­per­sen­ta­sie oor­heers het.

Toyo­ta se oor­win­ning in die Kin­sey-ver­slag dui op die han­dels­merk se voort­ge­set­te po­gings om die bes­te na­ver­ko­pe-er­va­ring in die plaas­li­ke mark te bied. By­voor­beeld, in Sep­tem­ber het Toyo­ta Suid-A­fri­ka Motors (TSAM) die O­preg­te On­be­perk­te Waar­borg en die O­preg­te Ge­bruik­te Waar­borg be­kend ge­stel. Dit is ont­werp om klan­te uit­mun­ten­de dek­king teen ’n baie me­de­din­gen­de pre­mie te bied.

Dié Toyo­ta-waar­borg is van toe­pas­sing op al­le Toyo­ta-mo­del­le wat nog deur die fa­brieks­waar­borg van drie jaar of 100 000 km ge­dek word. Die pro­duk is vir klan­te wie se voer­tuie nie meer as een ver­sie­ning bin­ne die waar­borg­tyd oor­ge­slaan het nie.

Die Toyo­ta O­preg­te Ge­bruik­te Waar­borg is van toe­pas­sing op voer­tuie bui­te die fa­brieks­waar­borg, maar nie ou­er nie as se­we jaar of 200 000 km. Dié pro­duk is vir klan­te wie se voer­tuie nie meer as twee ver­sie­nings mis­ge­loop het nie.

Hier­die nu­we pro­duk­te is ’n aan­dui­ding van Toyo­ta se ver­bin­te­nis tot die ver­la­ging van die kos­te van ei­e­naar­skap. Dit is ook om klan­te ge­moeds­rus te bied aan­ge­sien dit deur TSAM be­mark en be­stuur word.

Voer­tuie ou­er as vyf jaar wat deur e­ni­ge van hier­die waar­bor­ge ge­dek word, kwa­li­fi­seer steeds vir Toyo­ta se waar­de­diens met vas­ge­stel­de ar­beids­kos­te en af­slag-on­der­de­le by Toyo­ta-han­de­laars. Dié pro­duk­te gee klan­te die­self­de dek­king as die ver­vaar­di­ger­s­waar­borg vir ’n ver­leng­de tyd­perk. Hier­die waar­bor­ge is eg­ter nié vir die Qu­an­tum Ses’fi­ki­le- en Dy­n­a­mo­del­le be­skik­baar nie.

Die im­mer­groen Corol­la is as die bes­te in die af­de­ling vir ge­sins­guns­te­lin­ge aan­ge­wys. INLAS: In die nuts­mo­tor­af­de­ling word deur RAV4 2,0 slegs ge­klop deur ‘n an­der Toyo­ta - die For­tu­ner.

In die nuts­mo­tor­af­de­ling word deur RAV4 2,0 slegs ge­klop deur ‘n an­der Toyo­ta - die For­tu­ner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.