S­pog­mo­tors op Mos­sel­baai

George Herald - Auto Dealer - - Auto Dealer - FRANCOIS GERMISHUYS

Ge­du­ren­de De­sem­ber is die der­de Mos­sel Bay W­heels Gat­her­ing (MBWG) op 'n oop mu­ni­si­pa­le ter­rein in Hei­de­rand, Mos­sel­baai aan­ge­bied. Die brein­kind ag­ter die skou is die oud­ren­ja­er Dirk van der Mer­we van P­re­to­ria, wat 'n va­kan­sie­huis in Mos­sel­baai het.

Ek het Van der Mer­we op die ter­rein ont­moet om meer uit te vind.

"Ek het op die i­dee be­sluit om die SuidKaap se spog­wie­le by­me­kaar te kry om­dat ek 'n reg­te 'pe­trol­kop' is," het hy ver­tel. "Mos­sel­baai-mu­ni­si­pa­li­teit is ge­na­der met die i­dee. Toe­stem­ming het na on­der­han­de­ling per e-pos ge­volg en so is die eer­ste MBWG in De­sem­ber 2016 ge­hou.

"Dit is nie `n skou nie. Daar word geen uit­stal­ruim­tes be­taal nie en geen toe­gangs­geld word ge­vra nie."

Met min bor­ge vir tro­feë en dies meer, het Dirk die eer­ste by­een­koms so te sê uit sy eie sak aan­ge­bied. Hy kon 82 mo­tors uit­stal.

Selfs ge­ves­tig­de skoue in die streek het met veel min­der mo­tors af­ge­skop.

"Weens aan­vraag van die pu­bliek moes ons dit weer in 2017 aan­bied, maar dié keer met Ra­venol Oil as borg. Die lo­gis­tie­ke pro­ble­me om so 'n uit­stal­ling van 1 300 km ver te re­ël is eg­ter erg vir een mens. Die keer kon ons da­rem 125 mo­tors op die gras kry. 'n Nu­we toe­voe­ging was dat mo­tor­ver­wan­te stal­le­tjies ook op die ter­rein toe­ge­laat is, wat baie ge­wild was."

Selfs met 'n ef­fens klam­me­ri­ge dag op Mos­sel­baai, het `n groot aan­tal be­soe­kers op­ge­daag om na die mo­tors en bak­kies te kom kyk.

Heel­wat ve­te­raan­mo­tors is ver­toon, as­ook luuk­se drie­wiel-mo­tor­fiet­se en ver­skeie Ho­trods.

Mens is al­tyd ver­stom oor wat­se prag­ti­ge voer­tuie hier aan die Tuin­roe­te is. In die een hoek was 'n swart Dodge Char­ger wat al die aan­dag ge­trek het met die aan­ska­kel­slag van daai V8...

'n Spe­si­a­le ver­sa­me­ling Re­nault R8 Gor­di­ni's is uit­ge­stal deur Myn­derd van den Berg van Ge­or­ge. Van die mo­tors be­hoort aan hom, maar die mees­te het hy vir 'n A­me­ri­ka­ner, Way­ne Cal­di­cott, in sy werks­win­kel op Ge­or­ge ge­re­stou­reer. Hul­le sal weer mid­del Fe­bru­a­rie by die ou­mo­tor­skou in Ge­or­ge te sien wees.

Fo­to’s: Francois Germishuys

Vier drie­wiel-mo­tor­fiet­se was ook te sien. Die ver­skei­den­heid en ge­hal­te van toe­rus­ting op die fiet­se was ver­ba­send. Or­ga­ni­seer­der Dirk van der Mer­we (links) en Myn­derd van den Berg, ‘Me­neer Re­nault Gor­di­ni” van Ge­or­ge.

Dié prag­ti­ge C­he­vy Im­pa­la V8 is in­tens be­won­der deur be­soe­kers. Die Ford Ho­trod was ook baie ge­wild. Sy V8-en­jin loop sy­sag.

Die geel Mus­tang en die C­hev Ho­trod-bak­kie het baie aan­dag ge­trek.

Ou C­he­vs en Fords uit die Suid-Kaap is trots ver­toon.

Die Eagle F40 se ei­e­naar het ver­tel dat die mo­tor aan die voor­ma­li­ge For­mu­le 1 wê­reld­kam­pi­oen Da­mon Hill be­hoort het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.