Voer­tuig­ver­ko­pe val skerp in Ja­nu­a­rie

George Herald - Southern Cape Property Guide & Auto Dealer - - Auto Dealer - BERNARD K HELLBERG

Vir die mo­tor­be­dryf het die jaar 2018 met ‘n ver­ko­pe-bloed­bad be­gin. Ver­ko­pe van nu­we voer­tuie het met 4 498 een­he­de ge­daal tot 45 888, ter­wyl ver­ko­pe van nu­we pas­sa­siers­mo­tors ook nie te waf­fers was nie. In hier­die ka­te­go­rie was die groot­to­taal van 32 642 ‘n he­le 11,6% min­der (4 266 een­he­de) as in Ja­nu­a­rie 2017.

Des­on­danks het mark­lei­ers soos Toyo­ta (11 893) steeds goed ge­vaar dank­sy Hi­lux - weer die top­ver­ko­per met 2 695 een­he­de - Corol­la/Au­ris/Qu­est met 2 196 ver­ko­pe en im­mer­groen For­tu­ner op 1318. RAV (871) het ook goed ge­vaar.

Steeds in die twee­de plek on­der die top­tien, na ‘n kort­ston­di­ge ont­tro­ning deur Ford in De­sem­ber ver­le­de jaar, het Volks­wa­gen op 7 070 ver­ko­pe goed te­rug­ge­veg met Po­lo Vi­vo op 2 862, Golf 7 op 805 ver­ko­pe, en die puik Ti­guan op 438 ver­ko­pe en ‘n kort­kop voor sy naas­te teen­stan­der, Hyun­dai se Tu­c­son, waar­van 400 een­he­de ver­koop is.

Ford (4 869) bly ou­der­ge­woon­te in die der­de plek dank­sy Ran­ger op 2 489, E­coS­port op 660 ver­ko­pe en Fi­go op 619. Ku­ga is sta­dig maar se­ker be­sig om te­rug te kom in die mark met 81 een­he­de wat nu­we tuis­tes ge­vind het, ter­wyl 56 ko­pers hul­le beur­sies vir die Mus­tang uit­ge­haal het.

Nis­san (4 400) bly in die vier­de plek dank­sy sy to­ta­le oor­heer­sing van die subeen­ton­ner­mark waar die NP200 op 1 585 ver­ko­pe ge­skep het ter­wyl dit pap re­ën en nie­mand an­ders iets soort­ge­lyks in die mark het nie. An­der Nis­san-ster­re was GO (489), X-Trail op 353 ver­ko­pe en NP300 op 597. Na­va­ra, on­danks groot maar kort­ston­di­ge me­di­a­ge­raas, het net 100 ko­pers se aan­dag ge­trek.

Hyun­dai staan sterk in die vyf­de plek met ‘n to­taal van 2 897 wat ge­bou is op die reeds ver­mel­de Tu­c­son (400), Grand i10 op 1 134 ver­ko­pe en. Tu­c­son se C­re­ta-k­lein­boet het self puik ge­vaar met 380 ver­ko­pe, ter­wyl die i20 al­te­sa­me 317 nu­we tuis­tes ge­vind het.

Re­nault, wat in De­sem­ber ne­gen­de was, het dra­ma­ties ver­be­ter met ‘n to­taal van 1 929 - hoof­saak­lik toe te skryf aan San­dero ll (325), K­wid met 664 ver­ko­pe en C­lio IV op 559.

Nom­mer se­we op die lys is BMW wat met ‘n to­taal van 1 856 ver­ko­pe da­rem voor Mer­ce­des-Benz (1 797) ge­plaas is. M-B gee nie in­di­vi­du­e­le mo­del­ver­ko­pe deur nie. Kia, wat in die ne­gen­de plek is met (1 603) se top­pres­teer­ders is Rio (469), S­por­ta­ge (168) en Mo­tor van der Jaar-fi­na­lis Pi­can­to op ‘n ga­we 793 een­he­de wat nu­we ei­e­naars ge­kry het.

Die laas­te plek be­hoort aan die op­ko­men­de I­su­zu wat to­ta­le ver­ko­pe van 1 200 een­he­de vir sy KB-reeks ver­meld het.

Die O­pel-han­dels­merk, wat voor­heen deel van GM/I­su­zu Trucks was, het 216 ver­ko­pe ge­had.

En dan is daar die ver­vaar­di­gers wat bui­te die top­tien-lys staan, maar wat steeds bui­te ver­hou­ding goed pres­teer.

Hier word ver­al ge­dink aan Porsche se 99, Ja­guar/Land Ro­ver (506) en Peu­ge­ot (103) wat da­rem d­rie sy­fers ge­haal het.

Mit­subis­hi be­hoort veel be­ter te doen as sy 190 to­taal, ter­wyl Su­zu­ki (742) hard sal moet werk om op die De­sem­ber to­taal van 891 ver­ko­pe te ver­be­ter.

I­ro­nies ook dat Vol­vo se 130 to­taal swaar steun op sy uit­ste­ken­de (en pe­per­duur) XC90 wat na 34 nu­we ei­e­naars ge­gaan het. Na ver­wag­ting sal die nu­we XC40 Vol­vo se ver­to­ning dra­ma­ties ten goe­de be­ïn­vloed.

On­danks die swak maand, word ver­wag dat 2018 se ver­ko­pe uit­ein­de­lik 2% be­ter sal wees as ver­le­de jaar se sy­fers, ter­wyl uit­voe­re na ver­wag­ting op 366 050 een­he­de te staan sal kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.