Ou trek­kers wys hul slag

George Herald - - NEWS - A­li­da de Beer

Dit was weer tyd vir ploeg en plant Sa­ter­dag toe le­de van die Suid-Kaap Ve­te­raan­trek­ker- en Im­ple­men­te­klub by Mount View Re­sort saam­ge­trek het vir hul jaar­lik­se trek­ker­dag.

Toe­skou­ers kon kof­fie en pan­ne­koek by ‘n stal­le­tjie van die ACVV koop en op lu­sern­ba­le ont­span met die sus­sen­de ge­dreun van ‘n klomp trek­kers in die ag­ter­grond wat heen en weer deur die land beur om die grond om te dol­we. Die ge­not van die trek­ker­ei­e­naars wat graag met hul speel­goed pronk, was dui­de­lik vir al­mal om te sien. Rit­te op ‘n sleep­wa ag­ter ‘n trek­ker aan was vir groot en klein ewe veel pret.

Dit is die twee­de keer dat die ge­leent­heid aan­ge­bied word. Die ko­rog wat ty­dens verlede jaar se by­een­koms aan­ge­plant is, is vroe­ër van­jaar by die Ou­mo­tor­skou ge­oes, en vol­gen­de jaar word die pro­ses her­haal.

Be­lang­stel­len­des kan die ve­te­raan­trek­kers oor ‘n paar we­ke ook in ak­sie sien by die George-land­bou­skou wat van 24 tot 26 Au­gus­tus by die skou­ter­rein plaas­vind.

Die sleep­wa­rit­te was pret vir oud en jonk.

Fo­to’s: A­li­da de Beer

Ma­ri­us S­tan­der se pienk en pers 1962 Mas­sey Fer­gu­son het die aan­dag van die sko­ner ge­slag ge­trek. Klein Mi­ané Bar­nard en haar ma, Ri­nel, het die trek­ker van na­der­by be­kyk.

Pie­ter Fou­rie toets die saal uit van ‘n blink­ge­vryf­de 1954 M­cCor­mick In­ter­na­ti­o­nal. By hom is An­ne­mie S­teyn met haar ba­ba Wi­an en Han­ne­tjie Lan­gen­ho­ven.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.