Nuus in kort

George Herald - - NEWS -

'n Man het laat Sa­ter­dag­mid­dag, 2 Sep­tem­ber, teen 'n muur in Blan­co vas­ge­jaag. Vol­gens oog­ge­tui­es het hy in Gol­den Val­ley se stra­te rond­ge­jaag met 'ban­de wat raas'. Hy het be­heer oor sy blou VW Ci­ti Golf ver­loor en teen 'n bult af­ge­ry waar­na die mo­tor 'n muur ge­tref het. "Dit het voor­ge­kom of die be­stuur­der on­der die in­vloed van al­ko­hol was. Hy moes vlug na­dat die ge­meen­skap, waar­van som­mi­ge glo ook be­so­pe en op­roe­rig was, met hom slaags ge­raak het. Hy kon een van ons kin­ders dood­ge­ry het," het die oog­ge­tuie aan die Ge­or­ge He­rald ver­tel. Met die po­li­sie se aan­koms was die man nie op die to­neel nie. Vol­gens konst. Ra­chel Hen­driks, Ge­or­ge-po­li­sie se kom­mu­ni­ka­sie­be­amp­te, kon po­li­sie­be­amp­tes, weens die toe­stand van die om­stan­ders, nie 'n ver­kla­ring neem nie. Geen for­me­le klag is ge­lê nie.

Die voer­tuig het ska­de op­ge­doen, maar nie­mand is in die on­ge­luk be­seer nie. Die mo­tor is deur 'n in­sleep­diens ver­wy­der. - K­ris­ty Kol­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.