Vrou her­haal­de­lik in kar ver­krag

George Herald - - NEWS - K­ris­ty Kol­berg

Die po­li­sie is op soek na 'n man na­dat 'n 43-ja­ri­ge vrou ver­le­de week aan­ge­rand en her­haal­de­lik op die ag­ter­sit­plek van haar mo­tor ver­krag is. Die

Mos­sel­baai­se ge­sins­ge­weld-, kin­der­be­sker­ming- en sek­su­e­le mis­dry­we-een­heid (GKS) het 'n i­den­ti­kit van die ver­dag­te uit­ge­reik. Hy word ge­soek vir ver­skeie aan­klag­te van ver­krag­ting, po­ging tot moord en dief­stal van 'n mo­tor­voer­tuig.

Die slag­of­fer het die ver­dag­te by die Eco S­top En­gen­vul­sta­sie in He­at­her­park op 29 Au­gus­tus ont­moet. Sy wou na be­we­ring dwelms koop en die ver­dag­te, wat hom­self as Ed­ward voor­ge­stel het, het vir haar ge­sê hy sal haar na sy huis in Pa­calts­dorp neem.

Die ver­dag­te het voor­ge­stel dat hy die slag­of­fer se mo­tor be­stuur aan­ge­sien dit vreemd sou wees as sy met die voer­tuig in dié woon­buurt ry. Die slag­of­fer het in­ge­stem.

Hul­le het on­der­weg na Pa­calts­dorp by 'n vul­sta­sie in York­straat ge­stop waar­na die ver­dag­te die af­rit na Mos­sel­baai ge­neem en in die rig­ting van die Groot-Brak­ri­vier ge­ry het. Die slag­of­fer het ag­ter­dog­tig ge­word, maar die ver­dag­te het haar ver­se­ker dat dit 'n kort­pad is.

Hy het na be­we­ring na­by Buf­fels­drift-plaas ge­stop waar hy die slag­of­fer aan­ge­rand en her­haal­de­lik ag­ter in die voer­tuig ver­krag het.

Daar­na het hy haar na die aan­gren­sen­de veld ge­neem waar hy haar met 'n tou pro­beer ver­wurg het. Hy was on­suk­ses­vol en het uit­ein­de­lik haar han­de en voe­te daar­mee vas­ge­bind. Hy het haar in die veld ge­los en met haar rooi Volks­wa­gen Golf weg­ge­ry. Die slag­of­fer kon tot op die N2 kom waar 'n vrag­mo­tor­be­stuur­der haar ge­sien het. Hy het die po­li­sie in ken­nis ge­stel en sy is na die naas­te hos­pi­taal ge­neem.

Die po­li­sie doen 'n be­roep op e­nig­ie­mand met in­lig­ting om die on­der­soek­be­amp­te, ser­sant So­re­tha van Zyl by Mos­sel­baai GKS-een­heid by 044 693 3869, te kon­tak.

Die po­li­sie is op soek na die ver­dag­te na­dat ‘n vrou her­haal­de­lik ver­krag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.