2de on­der­soek na Ro­se­da­le­hui­se kom

George Herald - - NEWS - A­li­da de Beer

Die be­vin­ding van ‘n bou­in­spek­teur dat die swak toe­stand van hui­se in die Ro­se­da­le-be­hui­sings­pro­jek te wy­te is aan in­wo­ners se ver­suim om on­der­houd te doen, is met ui­ter­ste on­te­vre­den­heid in die ge­meen­skap ont­vang.

Dit het ‘n groe­pie van 12 vroue van hier ge­noop om op 21 Au­gus­tus per­soon­lik op te ruk na die pro­vin­si­a­le mi­nis­ter, Bong­in­ko­si Ma­di­ki­ze­la, se kan­toor in Kaap­stad om hul­le on­te­vre­den­heid oor die kwes­sie per­soon­lik te gaan oor­dra. ‘n Aan­tal amp­te­na­re het hul­le daar te woord ge­staan.

Die ge­meen­skap sit al ge­rui­me tyd druk op die de­par­te­ment van mens­li­ke ne­der­set­tings om iets daad­werk­lik te doen aan kra­ke en vog in die mu­re, pla­fon­ne wat los­trek, dun dak­bal­ke, te­ëls wat los­gaan, en an­der de­fek­te in die hui­se wat in 2012 vol­tooi is.

Vroe­ër van­jaar is daar op in­wo­ners se aan­drang ‘n deur-tot-deur on­der­soek van sta­pel ge­stuur. In die ver­slag wat daar­uit voort­ge­spruit het, skryf ‘n bou­in­spek­teur van die de­par­te­ment die de­fek­te toe aan die ei­e­naars wat nie hul ei­en­dom­me

Som­mi­ge hui­se kon nie na­ge­gaan word nie om­dat die in­wo­ners nie tuis was nie.

be­hoor­lik on­der­hou nie. Cla­ra A­fri­ka, voor­sit­ter van die Ro­se­da­lein­wo­ners­ko­mi­tee, ver­skil he­wig hier­van. Sy sê die hui­se is nog maar en­ke­le ja­re oud en die pro­ble­me het be­gin kop uit­steek kort na­dat men­se daar be­gin woon het.

A­fri­ka is on­te­vre­de met hoe die on­der­soek uit­ge­voer is. Sy sê dat sy self ge­sien het hoe ‘n in­spek­teur nie van na­der­by in­spek­sies ge­doen het nie, maar net om die hui­se ge­stap het. Die de­par­te­ment ont­ken dat die in­spek­sie half­ge­bak was. ‘n Woord­voer­der, Mu­neera Al­lie, het ge­sê vier “ten vol­le ge­kwa­li­fi­seer­de in­spek­teurs” van die de­par­te­ment het aan die in­spek­sie deel­ge­neem. “Som­mi­ge hui­se kon nie na­ge­gaan word nie om­dat die in­wo­ners nie tuis was nie.”

Die de­par­te­ment het wel ná die Au­gus­tus-ver­ga­de­ring in die Kaap on­der­neem om ‘n on­af­hank­li­ke in­ge­ni­eur aan te stel om die klag­tes op­nuut te on­der­soek. “Die de­par­te­ment is be­sig met die aan­stel­ling, maar is ver­plig om al­le voor­sie­nings­ket­ting-pro­ses­se vir ver­kry­ging te volg. Die in­ge­ni­eur sal aan­ge­stel word so­dra dit vol­tooi is,” het Al­lie ge­sê.

In­wo­ners kla dat hul­le ge­du­rig plek­ke wat los­trek weer moet vas­heg of weer moet verf weens vog.

Kra­ke soos hier­die maak Ro­se­da­lers warm on­der die kraag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.