George Herald

Bobbejane maak moles in Eden

- Pauline Lourens

Groot bobbejaant­roppe het die afgelope weke weer amok gemaak in Eden, ‘n woonbuurt van George.

By twee geleenthed­e het hulle slaags geraak met die Jack Russell en Labrador van die Mocke-gesin. Beide honde moes by die veearts steke kry vir bytwonde.

Verlede week was daar ‘n herhaling van die drama toe Bubbles, die gesin se Jack Russell, sy gebied probeer beskerm het. Deon en Kobie Mocke van Bokmakieri­estraat is raadop met die kese wat al hul hele tuin uitgeroei het. “Ons plant nie meer groente of vrugte nie.”

Boonop raak dinge intens op Vrydae, want die bobbejane hou die woonbuurt dop en weet dus wanneer huishoudel­ike afvalsakke op die sypaadjies staan en dit is vir hulle ‘n gulde geleenthei­d om oorskietko­s te aas. Daar was al onderonsie­s tussen hulle en die mense wat in die vullissakk­e krap.

“Dit sou snaaks gewees het, maar dit is eintlik tragies dat beide partye so desperaat is vir kos,” vertel die Mockes wat naby die beboste grense van die dorp, en dus die bobbejane se habitat, woon.

CapeNature se Carlo van Tonder het inwoners weereens daaraan herinner dat afvalbestu­ur van kardinale belang is.

“Ons het al telkemale inwoners daaraan herinner dat hulle die geleenthed­e vir bobbejane om kos te vind moet verminder en daar gepoog moet word om dit amper heeltemal uit te skakel om konflikte te vermy.

“Dit sluit in die plasing van honde- sowel as voëlkos waarop die bobbejane afkom.

“Hou hondekos binne; plaas die sakke uit op die laaste nipper net voor dit opgelaai word deur die munisipali­teit en maak jou asblik moeilik om om te gooi of oop te maak - bobbejane is uiters intelligen­te diere.”

Eden het ook gereelde besoeke ontvang van ‘n bosbok oor die afgelope twee weke. ‘Bossie’ is gefotograf­eer en betrag deur inwoners wat gefassinee­r is deur sy rustige manier van weiding soek in oop erwe.

Daar was al onderonsie­s tussen hulle en die mense wat in die vullissakk­e krap.

 ??  ?? Die honde van Kobie en Deon Mocke het deurgeloop in gevegte met bobbejane. Bubbles die Jack Russell (links) bly egter onverskrok­ke en Ike die Labrador (regs) is ook nou aan die herstel. Die Schnauzer Jackie (middel) is egter erg getraumati­seer deur die...
Die honde van Kobie en Deon Mocke het deurgeloop in gevegte met bobbejane. Bubbles die Jack Russell (links) bly egter onverskrok­ke en Ike die Labrador (regs) is ook nou aan die herstel. Die Schnauzer Jackie (middel) is egter erg getraumati­seer deur die...
 ?? Foto’s: Pauline Lourens ?? Die bosbok verras Eden-inwoners met gereelde besoeke. Die sappige gras in Kersoogstr­aat is ‘n aantrekkin­gskrag vir ‘Bossie’. Die inwoner (regs) het sy hond veiligheid­shalwe onder sy arm gehou aangesien bosbokke bekend staan vir hulle skerp horings...
Foto’s: Pauline Lourens Die bosbok verras Eden-inwoners met gereelde besoeke. Die sappige gras in Kersoogstr­aat is ‘n aantrekkin­gskrag vir ‘Bossie’. Die inwoner (regs) het sy hond veiligheid­shalwe onder sy arm gehou aangesien bosbokke bekend staan vir hulle skerp horings...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa