Op­gra­de­ring van pad: Wie is ver­ant­woor­de­lik?

George Herald - - BRIEWE LETTERS - Ge­or­ge skryf:

Wie is eint­lik ver­ant­woor­de­lik vir die si­tu­a­sie wat tans in T­hem­ba­let­hu heers? Ek ver­wys na die op­gra­de­ring van Nel­son Man­de­la Bou­le­vard en die feit dat daar in­wo­ners is wat in die pad­re­ser­we ge­bou het (hui­se en be­sig­he­de), wat nou moet trek.

Die in­wo­ners het dalk ge­weet hul­le mag nie daar bou nie, maar die mu­ni­si­pa­le amp­te­na­re wat moes toe­sien dat hul­le dit nie doen nie, moes hul werk be­ter ge­doen en se­ker ge­maak het dat dit nie ge­beur nie.

Word e­nig­ie­mand ver­ant­woor­de­lik ge­hou vir die on­ge­rief van die in­wo­ners en die on­no­di­ge uit­ga­wes wat aan­ge­gaan sal moet word? Ek hoop so!

Wie gaan nou pa staan vir die on­kos­te om die fa­mi­lies na al­ter­na­tie­we ver­blyf te skuif, wie gaan be­taal vir an­der hui­se vir die in­wo­ners en wie gaan die be­sig­he­de ver­goed vir ver­lies aan in­kom­ste? Ek hoop nie die be­las­ting­be­ta­lers van Ge­or­ge nie, want dit was nie hul­le werk om se­ker te maak dat daar nie in die pad­re­ser­we ge­bou word nie.

Die op­gra­de­ring van die pad was ook nie 'n staats­ge­heim nie, en die be­trok­ke­nes moes tog al vir ja­re weet dat die pad op­ge­gra­deer gaan word. Dit kon nie vir e­nig­ie­mand 'n ver­ras­sing ge­wees het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.