George Herald

Butcher Boys en KTV knor vir mekaar in rolballiga

- Jannie Meyer

Butcher Boys, wat in die vorige ronde met Aces High afgereken het, kom vanaand teen die voorloper in die Love for Vintage en Kommaweer Stoffeerde­rs-lenteliga vir besigheid spanne van die Ou ten i qua rolbalklub teen die voorloper, K TV, te staan. Die stryd gaan na verwagting taai en genadeloos wees, want die span wat hier goed kan wen, staan 'n uitstekend­e kans om as kampioensp­an gekroon te word.

Die ander spanne het nou reeds so ver agter geraak dat hulle met 'n reuse-aanslag sal moet kom om 'n bedreiging vir die twee voorlopers in te hou.

Supporter, wat deur Butcher Boys geklop is, is in die derde plek en 7 ligapunte agter KTV met The Privates met 8 punte agter in die vierde plek.

Die wedstryde begin vanaand weer om 18:00 met die prystrekki­ng teen ongeveer 20:00. Alle belangstel­lendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon en te deel in die sosiale samesyn.

Die klublede berei ligte etes voor en 'n kontantkro­eg is beskikbaar.

Al die spelers word na afloop van die eindronde aanstaande week met 'n steakbraai bederf. Buitestaan­ders kan ook steak vooraf by die klub bestel.

Intussen is heelwat inskrywing­s vir die somerliga, wat middel Oktober afskop, ontvang.

UITSLAE

1 Kirsten & Tulleken Vervoer 47; 2 The Butcher Boys 45; 3 Supporter 40; 4 The Privates 39; 5 Kruger Internasio­naal 39; 6 Butz & Gutz 39; 7 Werkloos 37; 8 Bowling Stones 36; 9 Skubbe 36; 10 Kommaweer Stoffeerde­rs 36; 11 Aces High 34; 12

Emtec 33; 13 Die Ryp Piesangs 33; 14

Split Happens (Nashua) 32; 15 Bruwer Reynolds Prokureurs 30; 16 Ricoh 29; 17 Just Property 29; 18 Rawson Rollers 28; 19 4 Musketeers 28; 20 Matopa Plumbers 27; 21 Mend a Bath 25; 22 Conti Kitchens 25; 23 Conti Granite 24; 24 Mix n Match 23; 25 Angel's 22; 26 The Besociable­s 16.

WEDSTRYDLY­S

The Butcher Boys t KTV; The Privates t Supporter; Butz & Gutz t Kruger Internasio­naal; Werkloos t Bowling Stones; Skubbe t Kommaweer Stoffeerde­rs; Aces High t Emtec; Die Ryp Piesangs t Split Happens; Ricoh t Bruwer Reynolds Prokureurs; Just Property t Rawson Rollers; Matopa Plumbers t 4 Musketeers; Mend a Bath t Conti Kitchens; Conti Graniet t Mix 'n Match; Angel's t The Besociable­s.

 ?? Foto: Kobus van Wyk ?? Die lede van KTV se bulspan is van links: Brian Koen, Hein Koen, Leon Langeveldt en Hannes Muller.
Foto: Kobus van Wyk Die lede van KTV se bulspan is van links: Brian Koen, Hein Koen, Leon Langeveldt en Hannes Muller.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa