Astran­te in­bre­kers tei­ken win­kels

George Herald - - NEWS - K­ris­ty Kol­berg

Be­sig­heidsin­bra­ke in Blan­co neem hand oor hand toe. So­veel so dat dit blyk om 'n nu­we tyd­ver­dryf te wees. Die af­ge­lo­pe drie we­ke was daar by min­stens ses be­sig­he­de in­ge­breek. 'n Slag­huis, drank­win­kel en har­de­wa­re­win­kel is van die be­sig­he­de wat deur­ge­loop het.

In die mees on­lang­se voor­val twee na­we­ke ge­le­de het die ei­e­naar van 'n win­kel in Ge­or­ge­weg 'n man (28) in sy win­kel aan­ge­keer na hy ver­moe­de­lik vleis wou steel.

Vol­gens Ge­or­ge-po­li­sie se kom­mu­ni­ka­sie­be­amp­te, konst. Ra­chel Hen­driks, het die man die win­kel bin­ne­ge­gaan, kou­e­vleis on­der sy kle­re ver­steek en die win­kel ver­laat son­der om te be­taal. "Die ei­e­naar het die man ge­kon­fron­teer. Die ver­dag­te het hom toe met 'n mes ge­dreig en die ei­e­naar het die man glo met 'n stok by­ge­kom."

Die man is op die to­neel in heg­te­nis ge­neem en 'n saak van win­kel­dief­stal en aan­ran­ding is ge­o­pen.

Twee we­ke ge­le­de is daar by 'n slag­huis in die a­rea in­ge­breek en so­wat R20 000 se vleis en toe­be­ho­re ge­buit. "Hier is nie ge­noeg vi­su­e­le po­li­si­ë­ring nie. Blan­co moet sy eie po­li­sie­sta­sie kry met twee of drie pa­trol­lie­voer­tuie," het die slag­huis­ei­e­naar aan die Ge­or­ge He­rald ge­sê.

Nóg twee be­sig­he­de het on­der 'n groep slink­se in­bre­kers deur­ge­loop. Die ei­e­naars van 'n har­de­wa­re­win­kel het Dins­dag­og­gend, 12 Sep­tem­ber, met 'n skok be­sef dat daar ge­du­ren­de die nag by die win­kel in­ge­breek is. Vol­gens die ei­e­naar, Ma­ri­a­na Ter­blan­che, het die ver­dag­tes toe­gang ver­kry deur 'n ruit ag­ter die toon­bank, waar die a­larm se sen­sor hul­le nie kon op­tel nie, uit te slaan.

"Hul­le het die toon­bank leeg ge­dra en on­der an­de­re 'n bout­knip­per by ons ge­steel. Dit is moont­lik die­self­de stuk ge­reed­skap wat hul­le die vol­gen­de og­gend ge­bruik het om by die drank­win­kel oor­kant ons in te breek," het Ter­blan­che ge­sê.

Min­dré Gra­ham, ei­e­naar van die drank­win­kel, was ver­baas oor hoe fyn die o­pe­ra­sie be­plan was.

"Hul­le het pre­sies ge­weet wat in die win­kel aan­gaan. Ons kan op die kring­te­le­vi­sie­beeld­ma­te­ri­aal sien hoe hul­le die deur se slot­te knip en 'n gat in die ven­ster maak.

“Een van hul­le is die win­kel bin­ne en het met 'n klei­ne­ri­ge as­blik reg­uit na die si­ga­ret­te, bil­tong en dro­ë­wors ge­lui­perd­kruip. Daar­na is die ver­dag­te reg­uit na die whis­keys toe," het Gra­ham ge­sê.

Die in­bre­kers het dui­de­lik goeie smaak, want vol­gens Gra­ham het hul­le slegs in die duur whis­keys be­lang­ge­stel. So­wat R5 000 se drank is ge­steel.

Vol­gens De­on van der Ri­jst van Blan­co­buurt­wag wil dit voor­kom of die­self­de groep by al die in­bra­ke be­trok­ke is.

"Daar is ’n paar man­ne wat dink hul­le kan die klein ge­meen­skap ge­van­ge­ne hou, maar hul­le gaan hul­le vas­loop. Die in­bra­ke ge­beur al­tyd so van 23:00 tot 05:30. Ons pro­beer hard om al­mal in Blan­co by die buurt­wag be­trok­ke te kry en ons werk hand aan hand met die po­li­sie en se­ku­ri­teits­maat­skap­pye," sê hy.

Die on­der­soek duur voort en nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

In­wo­ners wat by Blan­co-buurt­wag wil aan­sluit kan dit doen deur die vol­gen­de web­tuis­te te be­soek: www.cp­f­ge­or­ge.org/bnw

Hul­le het pre­sies ge­weet wat in die win­kel aan­gaan.

Suid-Kaap Har­de­wa­re is oor­kant die drank­win­kel waar daar ook on­langs in­ge­breek is. Be­sig­heidsin­bra­ke in dié om­ge­wing neem toe en in­wo­ners is dit eens dat meer vi­su­e­le po­li­si­ë­ring no­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.