Die ses­de Li­quor­land Er­fe­nis­toer

George Herald - - ERFENISDAG HERITAGE DAY 2017 -

Al­te­saam 18 voer­tuie, waar­on­der ‘n prag­ti­ge ge­re­stou­reer­de 1926 Mo­del

T Ford en ‘n 1929 C­hev P­ha­e­ton, het Sa­ter­dag­og­gend uit Ge­or­ge ver­trek vir die ses­de Li­quor­land Er­fe­nis­toer. Li­quor­land, as hoof­borg, het die toer van­jaar vir die vyf­de keer moont­lik ge­maak.

Die Er­fe­nis­toer, wat van­jaar ‘n Oos-Kaap­se draai maak, is een van die hoog­te­pun­te op die Suid-Kaap­se Ou­mo­tor­klub se ka­len­der. Die Er­fe­nis­toer vier Er­fe­nis­dag wat op 24 Sep­tem­ber was, as­ook Na­si­o­na­le Toe­ris­me­maand, wat in Sep­tem­ber ge­vier word.

“Die toer vier Er­fe­nis­dag op ‘n tas­ba­re ma­nier deur die spe­si­a­le er­fe­nis­goed na die men­se te neem,” sê Pier­re O­li­vier, voor­sit­ter van die re­ë­lings­ko­mi­tee. “Ter­self­der­tyd vier die toer ook Toe­ris­me­maand in Sep­tem­ber en lê klem op die waar­de van er­fe­nis­goed vir die toe­ris­me­be­dryf.”

Die groep het Sa­ter­dag son­der e­ni­ge voor­val­le met die R62-toe­ris­me­roe­te deur die Lang­kloof oor Ka­ree­douw, Jou­ber­ti­na en Hu­mans­dorp na Jef­freys­baai ge­reis. Sa­ter­dag­mid­dag is hul­le gul ont­vang deur die Jef­freys­baai Clas­sic Car Club. Die klub het heer­li­ke eet­goed voor­ge­sit en pu­bliek was gaan­de oor die ou mo­tors.

Die groep het Son­dag­og­gend na die dor­pie Ad­do ver­trek. Hul­le het Er­fe­nis­dag met ‘n heer­li­ke braai ge­vier, en saam met die Sout­hern A­fri­can Ve­te­ran and Vin­ta­ge As­so­ci­a­ti­on ook ‘Na­ti­o­nal Dri­ve It Day’ ge­vier.

Maan­dag­og­gend het hul­le uit Ad­do oor Kirk­wood en Jan­sen­vil­le na Graaff-Reinet ver­trek vir nog ‘n dag vol­ge­pak met in­te­res­san­te er­fe­nis­goed in dié his­to­rie­se dorp.

Dins­dag het hul­le na Wil­low­mo­re ge­reis en Woens­dag het hul­le oor De Rust te­rug­ge­keer na Ge­or­ge. Die klub se doel­wit is om die ver­voer-er­fe­nis te be­waar en hier­die kul­tuur­skat­te aan die bre­ër pu­bliek be­kend te stel en be­lang­stel­ling daar­in aan te wak­ker.

Die Er­fe­nis­toer is deel van die be­mar­king van die jaar­lik­se Ge­or­ge-ou­mo­tor­skou, wat vol­gen­de jaar op 10 en 11 Fe­bru­a­rie by die PW Bo­tha Kol­le­ge se sport­ter­rein in York­straat plaas. Die Ge­or­ge-ou­mo­tor­skou sal soos ge­woon­lik voor­af­ge­gaan word deur die im­mer­ge­wil­de Ve­te­raan­toer, wat in 2018 vir die eer­ste keer oor vier dae gaan strek.

Die toer vier Er­fe­nis­dag op ‘n tas­ba­re ma­nier deur die spe­si­a­le er­fe­nis­goed na die men­se te neem.

Die groep wat Sa­ter­dag­og­gend uit Ge­or­ge ver­trek het vir die ses­de Li­quor­land Er­fe­nis­toer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.