Her­tog van die Bos­veld

George Herald - - BRIEWE LETTERS - Prof. Fran­cois Ha­ne­kom

In sy klei­ne af­tree­dor­pie, Ha­e­nerts­burg (met so­wat 500 in­wo­ners in die Wolk­berg na­by T­za­neen), was John Mur­ray ’n ne­de­ri­ge oud­land­me­ter met ’n stok­ou Merc en ’n Nis­san-bak­kie. Hy het ge­reeld met sy vrien­de nu­we wan­del­paaie ver­ken en wan­del­stok­ke vir al­mal ge­sny. Tuis was hy ’n heg­te ge­sins­man met ‘n mooi vrou en drie kin­ders.

In 1992 is be­kend ge­maak dat hy, ‘n ge­wo­ne SuidA­fri­ka­ner, die on­ge­trou­de tien­de Her­tog van At­holl moes op­volg. Hier­vol­gens was John Mur­ray in Blair At­holl op die S­kot­se Hoog­land ’n e­del­man - die elf­de her­tog van At­holl. Teen 2000 was hy die hoog­ste a­del­li­ke in S­kot­land, goed ge­plaas om ’n on­af­hank­li­ke S­kot­land se eer­ste ko­ning te word.

Hy wou da­de­lik ab­di­keer, maar tra­di­sie het hom ge­fnuik - die ti­tel was oor­erf­lik en on­ont­wyk­baar.

La­ter is ‘n kom­pro­mis be­reik. John sou die ti­tel en al­les in stand hou. Hy sou die se­re­mo­nies en amp­te­li­ke ta­ke be­har­tig. Maar S­kot­land per­ma­nent vir Ha­e­nerts­burg ver­ruil, wou hy nie.

Sy dog­ter, Jen­ny, het ver­dui­de­lik: “Dad­dy for­feits the perks that co­me with the tit­le. He stays in his cas­t­le for three mont­hs (in to­tal) per y­e­ar and ta­kes ca­re of the du­ties. The rest of the ti­me he is he­re in Ha­e­nerts­burg. Dad al­ways wan­ted to own a Land Ro­ver, but it did not co­me true. So we had a stic­ker, The Du­ke’s Land Ro­ver, ma­de for his bak­kie.”

Die At­holl High­lan­ders, die e­nig­ste pri­va­te le­ër in Eu­ro­pa, was on­der sy op­per­be­vel. By tra­di­sie­ry­ke pleg­tig­he­de op die land­goed van die in­druk­wek­ken­de Blair Cas­t­le is sy ka­kie­kle­re ver­ruil vir ‘n S­kot­se rok­kie. On­der die ge­klank van doe­del­sak­ke het hy die sa­luut be­ant­woord, in­spek­sies ge­doen en ere-or­des aan sy “on­der­da­ne” uit­ge­deel.

Dié ver­stom­men­de a­del­li­ke in­tri­ge het op­slae ge­maak. Koe­ran­te rond­om die aard­bol het oor die “hals­star­ri­ge her­tog” ge­gons. Daar is be­spie­gel dat hy ’n fa­bel­ag­ti­ge erf­por­sie ver­beur het. Hy kon een van die ryk­ste men­se in B­rit­tan­je ge­word het. ’n Koe­rant het be­spie­gel dat die elf­de her­tog deur sy ob­ster­na­te hou­ding R705 mil­joen ver­beur het. ’n An­der het ge­meen dit was “die blaps van die eeu”.

Tot ’n bi­o­gra­fie het Mur­ray traag toe­ge­stem, maar voor­waar­de­lik vir na sy dood. In 2012 is hy op 83 in sy tuis­dorp oor­le­de. Sy wens was om in Ha­e­nerts­burg se ge­lief­de aar­de be­gra­we te word. Sy as word be­dek deur ‘n plat k­lip, in ’n hoe­kie van die dorps­kerk­hof wat hy ná sy af­tre­de op­ge­meet het. Die een­vou­di­ge in­skrip­sie meld: John Mur­ray - 11th Du­ke of At­holl. By Blair Cas­t­le het ’n doe­del­sak in die wind ge­huil en hul­de aan die her­tog-land­me­ter ge­bring. Sy oud­ste seun, Bru­ce, is tans in aan­mer­king vir die twaalf­de her­tog­skap.

Pro­fes­sor Lou­is C­han­gui­on, his­to­ri­kus en stap­per-vriend van John Mur­ray, het sy merk­waar­di­ge le­we na­ge­vors. In De­sem­ber 2016 het ‘n bi­o­gra­fie in boek­vorm ver­skyn. Dit be­vat ‘n in­ge­wik­kel­de dool­hof van ge­slags­re­gis­ters en hoe die op­vol­ging werk, ook ‘n stuk­kie oor die tien her­tog­voor­gan­gers.

[Hier­die bon­di­ge by­drae is di­rek ge­ba­seer op C­han­gui­on: The Du­ke from Ha­e­nerts­burg, John Mur­ray 11th Du­ke of At­holl.]

Dad al­ways wan­ted to own a Land Ro­ver, but it did not co­me true. So we had a stic­ker, The Du­ke’s Land Ro­ver, ma­de for his bak­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.