Jou tol­geld kan help met re­stou­ra­sie van tol­huis

George Herald - - BRIEWE LETTERS -

Die Fe­de­ra­sie van A­fri­kaan­se Kul­tuur­ver­e­ni­gin­ge (FAK) het ver­le­de week ge­sê dat SuidA­fri­ka­ners tol­geld moet op­dok, maar dié keer vir die re­stou­ra­sie van die tol­huis in die Mon­ta­gu­pas bui­te Ge­or­ge.

Die tol­huis se fon­da­sie is in 1845 ge­lê met die doel om tol­geld te ver­haal van trans­port­ry­ers wat met hul die­re oor die pas ge­ry het om goe­de­re in die bin­ne­land te gaan ver­koop. In 1971 is die tol­huis tot ’n na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid ver­klaar. Vrien­de van die Tol­huis on­der lei­ding van plaas­li­ke in­wo­ner, Ger­da S­tols, het in 2011 be­gin met re­stou­ra­sie­werk aan die ge­bou, en die pro­jek is in 2015 deur die FAK ver­eer.

Van­jaar word daar wéér geld in­ge­sa­mel vir die re­stou­ra­sie van die tol­huis, dié keer vir die klip­werk aan die bui­te­kant van die ge­bou. ’n To­taal van R81 000 word be­no­dig om die pro­jek suk­ses­vol af te han­del.

Pro­jek­be­amp­te van die FAK, Jo­han Jan­sen van Vuur­en, sê die pu­bliek het ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om ons mo­nu­men­te vir toe­koms­ti­ge ge­slag­te te be­waar. Hul­le kan help deur die FAK se veld­tog te on­der­steun deur R10 se tol­geld by te dra tot die re­stou­ra­sie­werk van die tol­huis.

Be­taal jou tol­geld deur die woord TOL­HUIS te SMS na 38508.

Al­le geld wat in­ge­sa­mel word, sal aan die Vrien­de van die Tol­huis ge­skenk word vir hul re­stou­ra­sie­pro­jek.

Met hier­die plak­kaat wil die FAK en Vrien­de van die Tol­huis men­se aan­spoor om ‘n klein by­dra te maak tot die re­stou­ra­sie van die ge­skied­kun­di­ge ge­bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.