Hoe oud moet nu­we hond­jie wees as dit huis toe kom?

George Herald - - SPCA DBV -

Baie men­se, selfs hon­de­te­lers, maak baie keer die fout om ba­ba­hond­jies te jonk van die ma, boe­ties en sus­sies weg te neem. Hul­le be­hoort nie weg­ge­neem te word voor die ou­der­dom van ten min­ste agt we­ke nie. Baie ge­drags­pro­ble­me kan ont­staan as hul­le te jonk weg­ge­neem word.

Hier volg 'n paar voor­beel­de van sul­ke pro­ble­me en kyk bie­tjie of van hul­le vir jou be­kend lyk.

1. Ba­ba­hond­jies leer byt-in­hi­bi­sie van die ma, boe­ties en sus­sies ge­du­ren­de hier­die tyd. Wan­neer hul­le speel en die een byt te hard kry die an­der dalk seer en sal help. Speel sal net daar stop. Die hond­jie leer so dat wan­neer hy te hard byt is daar na­ge­vol­ge en as speel weer be­gin sal hy sag­ter byt.

2. Die ma leer die hond­jie om hom reg te ge­dra. In­dien hy te veel vir haar raak sal sy hom reg­help deur te knor, tan­de te wys en selfs met tye haar mond oor sy nek te sit. In­dien hier­die nie ge­beur nie sal die hond­jie wan­neer hy an­der gro­ter hon­de ont­moet waar­skyn­lik ge­byt word as hy na hul ge­sig­te op­spring. Die hond­jie leer dus om an­der hon­de se waar­sku­wings­te­kens te lees en te re­spek­teer.

3. Ba­ba­hond­jies gaan deur 'n kri­tie­se so­si­a­li­sa­sie tyd­perk wat ein­dig om en by drie maan­de. Ge­du­ren­de hier­die tyd­perk ont­wik­kel die brein ge­wel­dig baie en al­les wat hy er­vaar in hier­die tyd­perk sal 'n bly­wen­de in­vloed op sy ge­drag as vol­was­se hond hê. Hy moet in hier­die tyd­perk so­si­aal met an­der hon­de ver­keer en deur dit te ver­hoed kan moont­lik ge­drags­pro­ble­me soos hond-ag­gres­sie, kos-ag­gres­sie, be­sit­li­ke­ag­gres­sie en me­nig­te an­der ver­oor­saak.

4. Hond­jies wat te vroeg weg­ge­neem word, is ook ge­neig tot skei­ding­sangs. So 'n hond­jie sal blaf, huil en ba­sies jou he­le huis om­krap as jy hom al­leen los. Hy sal e­ni­ge iets pro­beer om nie al­leen te wees nie en kan hom­self dalk seer­maak in die pro­ses.

Die be­lang­rik­ste is in­dien ie­mand vir jou 'n ba­ba­hond­jie wil gee wat nog nie agt we­ke oud is nie, kan jy dalk pro­ble­me ver­wag. Om 'n hond wat 'n ge­drags­pro­bleem het reg te kry verg tyd, ge­duld en kos in baie ge­val­le geld aan­ge­sien die diens­te van 'n ge­drags­des­kun­di­ge ge­bruik sal moet word. Al ma­nier hoe dit dalk ver­hoed kan word, is deur die ba­ba­hond­jie nie te jonk weg te neem van sy fa­mi­lie nie.

Vir meer in­lig­ting e-pos ons ge­rus: ge­or­ge@ re­hab­dog­works.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.