S­po­gaand op­ge­dra aan kan­ker­ly­ers

George Herald - - IN FOCUS | IN FOKUS - Mi­chel­le Pie­naar

Gas­te van 'n plaas­li­ke la­er­skool se re­vue moes ver­le­de Don­der­dag tra­ne weg­pink toe die skool­hoof dié s­po­gaand aan vyf kan­ker­ly­ers op­dra - drie jong leer­ders en twee on­der­wy­sers van die skool.

Die na­me van Fran­co Se­ne­kal (gr. R), A­nel­da Ja­cobs (gr. 5), Ze­a­ke Swart

(gr. 6), Rei­net­te du Toit (gr. 1-on­der­wy­ser) en Ma­ri­zan Berndt (gr. 6-on­der­wy­ser) het gas­te van La­er­skool Ge­or­ge-Suid se pro­duk­sie S­ter Kin­der­kor na 'n oom­blik van diep na­den­king ge­neem.

Die aan­bie­ding het Maan­dag 18 Sep­tem­ber be­gin en het oor vyf aan­de ge­strek, tot Vry­dag 22 Sep­tem­ber. Le­de van die skool se be­heer­lig­gaam, 'n kring­be­stuur­der van die Wes-Kaap­se on­der­wys de­par­te­ment, Koos Ek­steen, en le­de van die ou­e­r­ak­sie was on­der die e­re­gas­te wat ge­nooi is om die pro­duk­sie ver­le­de Don­der­dag 21 Sep­tem­ber te ge­niet. Skool­hoof Sas du P­les­sis het ge­sê die pro­duk­sie is die hoog­te­punt van 'n baie be­si­ge jaar. Dit is Du P­les­sis se eer­ste jaar aan die s­tuur van die skool.

Vol­gens die ko­ör­di­neer­der, Su­ri­ka Louw, was dit 'n groot uit­da­ging om ge­reel­de re­vu­e­oe­fe­nin­ge aan te pak saam met die skool se druk a­ka­de­mie­se en sport­pro­gram. Louw is 'n mu­siek­on­der­wy­ser by die skool en het die cho­re­o­gra­fie en re­gis­seurs­werk van die aan­bie­ding be­har­tig. As deel van haar s­pan was Fran­cois Mey­er ver­ant­woor­de­lik vir die klank en vi­su­e­le ef­fek­te, ter­wyl E­land­ri du P­les­sis en El­sa­be Mey­er die be­lig­ting be­har­tig het. Die vier jong aan­bie­ders T­ho­mas S­mook (10), Moné Ri­bei­ro (10), Ar­no Co­lyn (13) en Ray­de­ne Booy­sen (13), het hul­le uit­ste­kend van hul taak ge­kwyt.

Twee bal­leton­der­wy­sers, Ma­delé S­try­dom en Cor­lia Le­wit­ton het jong dan­sers vir ure on­der­rig vir die dans­i­tems Tang­led en Can­ned He­at. Ver­der het leer­ders in graad­ver­band deel­ge­neem aan ‘n aan­tal ge­cho­re­o­gra­feer­de i­tems, waar­on­der

G­re­a­se, I li­ke 2 mo­ve it mo­ve it, Tim­bak­tu, Rock a­round the Clock, Han­nah Mont­an­na, P­ret­vil­le, G­hos­t­bus­ters, Rocky en Foot­loo­se. Al die gr. 4 tot 7-leer­ders het deel­ge­neem aan die mas­sa-i­tem A­ma­zing Gra­ce.

Gas­te is ver­wel­kom met ‘n fo­to-uit­stal­ling en warm spring­mie­lies. Die kin­ders se op­ge­won­den­heid was aan­steek­lik en kort­kort was ‘n vreug­de­vol­le gil­le­tjie hoor­baar. Mei­sies het ge­pol­ka­draai in prag­ti­ge rok­kies en die seuns het al­te fraai ge­lyk met hul gri­me­ring en kos­tuums. Ou­mas en ou­pas het die klein­kin­ders met hul teen­woor­dig­heid on­der­steun en jon­ger boe­ties en sus­sies moes laat wak­ker bly om ou­sus of ou­boet op die ver­hoog te sien. Sas du P­les­sis ver­wys na die re­vue as 'n "lang­ter­myn­pro­jek" wat se­dert die be­gin van die jaar aan­ge­pak is. Die kaart­jies vir al vyf aan­de is se­dert ver­le­de Maan­dag uit­ver­koop. "Ons het meer as 500 gas­te per aand ge­ak­kom­mo­deer, wat be­te­ken meer as 2 500 men­se het die ver­to­ning ge­sien," het hy ge­sê. "Dit gaan al­les oor span­bou en goeie gees." Louw het be­na­druk dat die skool­hoof se sa­me­wer­king en lief­de vir kul­tuur ge­help het tot die suk­ses van die aand.

Dit gaan al­les oor span­bou en goeie gees.

Drie van die E­den-boe­re, John­ny Mul­ler, Ja­co­bus van Zyl en Jus­tis Ger­ten­bach (van links) be­spreek die wei­dings se pot­sen­si­aal.

Ge­or­ge He­rald),

E­re­gas­te kon die pro­duk­sie ver­le­de Don­der­dag 21 Sep­tem­ber ge­niet. Van links is Sas du P­les­sis (skool­hoof), Kor­lia S­chmidt (ou­e­r­ak­sie-voor­sit­ter), Koos Ek­steen (WKOD-kring­be­stuur­der), Ser­vaas de Kock (ver­koops en be­mar­kings­be­stuur­der: Chris­to Vor­ster (skool­hoof: Ho­ër­skool Ou­te­ni­qua) en Ja­co Ver­maak (be­heer­lig­gaam­voor­sit­ter).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.