Plaas­li­ke ont­wer­per op pad na ge­sog­te mo­de­ver­to­ning

George Herald - - ARTS & ENTERTAINMENT KUNS & VERMAAK - Br­ü­mil­da Swart­booi

Plaas­li­ke mo­de­ont­wer­per, Aus­tin Lee (21), was ver­heug toe hy on­langs hoor dat hy een van die fi­na­lis­te is wat sy mo­de­reeks by die 2017 Nel­son Man­de­la­baai Mo­de­week (NMBFW) van­af 12 tot 15 Ok­to­ber in Port E­li­za­beth gaan ver­toon.

Lee sê hy het in Maart van­jaar teen an­der ont­wer­pers by die 'Bay Fashi­on Sun­days' in Port E­li­za­beth mee­ge­ding.

Die or­ga­ni­seer­ders was be­ïn­druk met sy ont­wer­pe en het hom aan­ge­moe­dig om 'n por­te­feul­je in te han­dig vir NMBFW. Nou­dat sy por­te­feul­je goed­ge­keur is, sê hy dit voel on­werk­lik.

"Om deel te wees van 'n ge­leent­heid soos NMBFW is iets waar­van ek nog al­tyd net ge­droom het. Ek sou net nooit kon dink dat daar­die droom op so ’n jong ou­der­dom waar sou word nie. Dit is die be­gin van groot din­ge vir my be­sig­heid wat ek tans van die huis af be­dryf."

Die y­we­ri­ge mo­de­ont­wer­per sê sy reeks, luxe exo­ti­que wat Frans is vir ek­so­tie­se styl, wat hy vir die NMBFW s­kep is deur die vars bloei­sels van len­te ge­ïn­spi­reer. "Ek is tans be­sig om die pa­tro­ne vir my reeks te ont­wik­kel en be­oog om bin­ne­kort met die pro­duk­sie daar­van te be­gin," sê Lee.

Van­jaar is die NMBFW se twee­de be­staans­jaar en dit gee ont­wer­pers 'n plat­form om hul ont­wer­pe aan die be­dryf se ge­ves­tig­de mo­de­hui­se be­kend te stel.

Lee sê hy het hulp no­dig met, ma­te­ri­aal, ver­voer, ver­blyf en by­kom­stig­he­de om die ont­wer­pe af te rond.

"Met die no­di­ge on­der­steu­ning en my on­blus­ba­re pas­sie vir ont­werp hoop ek om my­self op ge­ly­ke "speel­veld" as groot na­me soos Gert-Jo­han Coet­zee te plaas."

E­ni­ge per­soon wat die ta­lent­vol­le ont­wer­per wil help om sy reeks op die loop­plank be­kend te stel, kan Lee by

061 304 1001 kon­tak.

Aus­tin Lee saam met die mo­del­le in sy uit­rus­tings ty­dens sy mo­de­ver­to­ning ver­le­de jaar.

Fo­to’s: Llu­wel­lyn In­nes

Aus­tin Lee, boor­ling van Ge­or­ge, sê hy kry sy in­spi­ra­sie vir sy ont­wer­pe uit iets van al­les.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.