Na­ta­lie se moor­de­naar kry le­wens­lank

George Herald - - VOORBLAD - Li­zet­te da Sil­va

Die moor­de­naar van jong Na­ta­lie Baart­man (5) van Sy­fer­fon­tein wat in Fe­bru­a­rie van­jaar sla­pend na haar dood ge­dra is, is twee keer le­wens­lan­ge tronk­straf op­ge­lê in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in Mos­sel­baai.

Reg­ter J Hen­ney het Jo­han­nes F­rie­slaar (31), ook van Sy­fer­fon­tein, 10 jaar tronk­straf op­ge­lê vir Na­ta­lie se ont­voe­ring, en le­wens­lank elk vir die ver­krag­ting en moord. Die von­nis is deel van ‘n plei­toor­een­koms wat met die staat ge­sluit is.

Na­ta­lie het die aand van haar dood op ‘n bank by bu­re ge­slaap toe sy uit­ge­dra en 50 m ver­der ver­krag en ver­smoor is.

Sy was vir min­stens twee dae ver­mis voor­dat haar ou­ers ag­ter­ge­kom het sy is weg en die po­li­sie se hulp in­ge­roep het.

Die uit­slag van die na­dood­se on­der­soek op die ten­ger kleu­ter toon dat sy ver­krag en ver­wurg is.

Na­ta­lie se half­naak­te lig­gaam is Maan­dag­mid­dag, 13 Fe­bru­a­rie in ‘n oop veld so­wat 60 tot 80 m van haar ou­er­huis in die in­for­me­le ne­der­set­ting bui­te Pa­calts­dorp ge­vind.

Sy het op haar rug ge­lê. Haar han­de was met ‘n kle­ding­stuk ag­ter haar rug vas­ge­bind wat moont­lik daar­op dui dat sy haar teen F­rie­slaar ver­set het.

F­rie­slaar is ‘n paar dae la­ter in heg­te­nis ge­neem en het kort daar­na se­ke­re uit­wy­sings aan die po­li­sie ge­doen.

Die po­li­sie het vroe­ër ge­sê hul­le stel on­der­soek in waar­om Na­ta­lie se ou­ers, Da­wid en Do­ra, haar eers twee dae na haar ver­dwy­ning as ver­mis aan­ge­meld het. Die po­li­sie se on­der­soek het geen na­la­tig­heid uit­ge­wys aan die kant van die ou­ers nie.

Die saak is deur ao. Wil­li­am van S­chalk­wyk van die Pa­calts­dorp­speur­diens on­der­soek.

13 Fe­bru­a­rie 2017 - Klein Na­ta­lie Baart­man se lig­gaam word tus­sen die plak­kers­hui­se ge­dra deur le­de van Ge­or­ge-pa­to­lo­gie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.