George Herald

OORTYD ‘n krisis vir raad

- Michelle Pienaar

Reusebetal­ings aan oortyd vir munisipale werkers en amptenare het veroorsaak dat 43% van die huidige finansiële jaar se oortydbegr­oting reeds binne die eerste twee maande gebruik is.

Indien George-munisipali­teit op hierdie trant voortgaan sal hulle oor 'n 12-maande periode die begroting vir oortyd met meer as R23 miljoen oorskry. Van die redes wat vir hierdie krisis aangevoer word, sluit in talle ongevulde munisipale poste, 'n vloot van stukkende vragmotors vir vullisverw­ydering en burgerlike onrus.

Volgens 'n analise wat van 1 Julie tot 31 Julie 2017 gedoen is, sal die oortydbeta­lings, volgens die huidige trant, oor 'n jaar tot R38 541 091,08 beloop. Hierdie bedrag oorskry die begroting met R23 518 551, 08. Die vooruitska­tting is gedoen volgens oortyd in Julie, wat in Augustus betaal is. Die oortydbegr­oting vir 2017/2018 is 'n rapsie meer as R15 miljoen.

George-burgemeest­er, Melvin Naik, het tydens die raadsverga­dering verlede Woensdag 'n beroep gedoen op elke direkteur, waarnemend­e direkteur, senior bestuurder en lynbestuur­der om oortyd verantwoor­delik te bestuur.

Die direkteur van gemeenskap­sdienste, Walter Hendricks, se kommentaar is in die agenda vervat. Hendriks het bevestig dat oortyd weekliks tydens bestuursve­rgaderings bespreek word. Oortyduitb­etalings vir vullisverw­ydering en die skoonmaak van strate (wat onder die departemen­t ressorteer) sal die begrote bedrag volgens die vooruitska­tting onderskeid­elik met

R6 419 395,88 en

R1 104 662,36 oorskry.

"Dit word egter baie moeilik om oortyd te bestuur tydens burgerlike onrus en normale dienslewer­ingstye na oortyd verleng moet word," het Hendricks gesê.

"Die onlangse Thembaleth­u-onrus is maar een voorval. Dertien van ons vullisvrag­motors is buite werking en wag op herstelwer­k."

"Ons het die vlootbestu­urder versoek om druk op ons diensversk­affers te plaas om herstelwer­k te voltooi. Die effek van

Indien George-munisipali­teit op hierdie trant voortgaan sal hulle oor ‘n 12-maande periode die begroting vir oortyd met meer as R23 miljoen oorskry.

'n uitgeputte vloot is dat ons in skofte moet werk om doeltreffe­nde en effektiewe dienslewer­ing te verseker." Hendricks het gesê sy departemen­t gaan 'n verslag by die Artikel 80-komitee indien oor 'n ernstige tekort wat hulle te wagte is vir die 2017/18 finansiële jaar.

Munisipale woordvoerd­er, Chantel Edwards-Klose, het by navraag gesê die huidige vakatureko­ers en die beskikbare begroting vir die vul van vakatures kan 'n toename in oortyd tot gevolg hê.

"Volgens onlangse rekords het die departemen­t siviele ingenieurs­wese die afgelope aantal jare personeelt­ekorte van tot 50% ervaar," het sy gesê. "Ons is tans besig om die begroting vir die 2018/19 finansiële jaar saam te stel en die vakante poste op die goedgekeur­de organogram sal vir finansieri­ng voorgelê word, waarna dit gevul sal word. Die diensvlakk­e van die munisipali­teit word ook hersien om te verseker dat 'n personeelt­ekort nie die standaard van dienste in gevaar stel nie.

Die werwing- en keuringspr­oses vir die vul van vakatures sal so spoedig moontlik afgehandel word, in ag genome die beskikbaar­heid van die rolspelers. Die vul van die betrokke vakatures word as krities beskou."

* The current overtime expenditur­e trend indicates that there will be a projected overspendi­ng of R 23 518 551, 08 for the current 2017/2018 financial year, if allowed to continue. Directors were urged to manage their overtime budget so that no unauthoriz­ed expenditur­e is incurred.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa