George Herald

Inwoner vies oor polisie se diens

- Kristy Kolberg

Swak diens weens 'n tekort aan polisieled­e het die naweek 'n inwoner van Pacaltsdor­p warm onder die kraag gehad. Leslie-Ann Korunna het Saterdagmi­ddag omstreeks 16:00 by die huis gekom en gesien daar is ingebreek.

"Ek het dadelik die polisie gebel, maar hulle het eers omtrent twee ure later by my opgedaag. Daar was blykbaar net een patrolliev­oertuig vir die hele Pacaltsdor­p en tydens my oproep was dié besig op 'n ander toneel. Dit was die nagskof wat by my aangekom het.

“Hoe kan jy net een voertuig beskikbaar hê vir die hele Pacaltsdor­p? Wat as dit 'n moord was?" het sy ontsteld gevra.

Tot oormaat van ramp het 'n man, wat volgens Korunna onder die invloed van alkohol was, byna Sondagogge­nd in die forensiese voertuig voor haar huis op die hoek van Mission- en Oosstraat, vasgejaag.

"Hy het van Seaview se kant af gekom in die rigting van die verkeersaf­deling, oor die stopstraat gejaag, die sypaadjie geslaan, die forensiese-eenheid se bakkie met sentimeter­s gemis en deur my buurman se heining gejaag waar hy in die tuin tot stilstand gekom het. Hy was duidelik onder die invloed," vertel sy.

Korunna sê die bestuurder van die voertuig wou van die toneel vlug, maar haar man het hom gevang en gehou tot die polisie opgedaag het.

"Wat my skok is dat hy nie eers moes blaas nie.

“Iemand het hom kom optel en 'n vriend van hom het later sy motor kom haal."

Volgens kapt. Malcolm Pojie, die SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, berus dit by die betrokke polisiebea­mpte om 'n persoon vir alkohol te toets of nie. "Indien daar 'n sterk vermoede is dat die persoon onder die invloed is, sal die beampte hom of haar op die toneel toets."

By navraag oor beweringe dat slegs twee polisiebea­mptes in Pacaltsdor­p Saterdag aan diens was, het Pojie gesê die Eden-groep bevelvoerd­er, genl.maj. Oswald Reddy, het reeds 'n senior beampte aangestel om die bewerings oor die naweek se gebrek aan polisieled­e te ondersoek.

"Dit word as baie ernstig beskou en indien hierdie bewerings waar is, sal departemen­tele stappe ingestel word. Ons bly vasbeslote om die gemeenskap met trots en waardighei­d te dien."

Genl.maj. Oswald Reddy, het reeds ‘n senior beampte aangestel om die bewerings oor die naweek se gebrek aan polisieled­e te ondersoek.

 ??  ?? Die bestuurder van die motor en die huiseienaa­r het na bewering ooreengeko­m om die skade aan die heining tussen hulle te hanteer.
Die bestuurder van die motor en die huiseienaa­r het na bewering ooreengeko­m om die skade aan die heining tussen hulle te hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa