George Herald

TB, die feite

-

TB, of tuberkulos­e, word deur ‘n bakterie genaamd mikobakter­ium tuberkulos­e veroorsaak. Tipies word die longe geaffektee­r, maar ander liggaamsde­le kan ook aangetas word soos limfkliere, abdomen, bene of gewrigte en die brein.

Hoe versprei TB

TB versprei wanneer ‘n persoon wat TB-infeksie van die longe het, hoes en ‘n ander persoon asem die fyn druppeltji­es in.

Wie kan TB kry

Enige iemand kan TB kry, maar veral iemand wat vir lang tye op ‘n slag in nabye kontak is met ‘n ander persoon wat aktiewe TB-infeksie van die longe het, byvoorbeel­d iemand wat in dieselfde huis woon.

Mense met ‘n onderdrukt­e of verlaagde immuunstel­sel is veral makliker geneig om TB te kry. Die hoë risikogroe­pe sluit in: MIV-positiewe mense, diabete, jong kinders onder vyf jaar, oumense, mense op immuunonde­rdrukkende medikasie soos chemoterap­ie en wangevoede mense met vitamien tekorte.

Die simptome van TB

Hoes wat meer as drie weke aanhou, verkleurde of bloederige sputum (slym wat uit die longe gehoes word), nagsweet, gewigsverl­ies, moegheid, koors of kouekoors, verminderd­e eetlus en borskaspyn.

Hoe om TB te voorkom

Handhaaf ‘n gesonde leefstyl: Eet gebalansee­rd, doen gereeld oefeninge, moenie rook of oormatig alkohol gebruik nie en vermy dwelms.

Die BCG-immunisasi­e, wat net na geboorte gegee word, bied nie altyd 100% beskerming teen TB nie. Dit is wel baie effektief om jong kinders teen erge vorms van TB te beskerm, soos TB-meningitis (breinvlies­ontsteking).

Ander belangrike maatreëls om die verspreidi­ng van TB te voorkom, is: maak die vensters oop en laat vars lug in, dra die regte maskers - chirurgies­e blou masker vir die TB-pasiënt en ‘n goedpassen­de N95-masker met spesiale filter vir die familie en gesondheid­swerkers.

Hoe word TB gediagnose­er

‘n Pasiënt word eers gevra of hulle enige TB-simptome ervaar (TB symptom screening). Indien daar simptome teenwoordi­g is, word ‘n sputummons­ter vir ‘n GeneXpert-toets na die laboratori­um gestuur. Indien nodig, kan ‘n borskas X-straal ook deur die dokter aangevra word.

TB kan genees word

TB kan definitief genees word. TB word behandel deur ‘n kombinasie van medisyne (gewoonlik pille) wat die TB-bakterieë doodmaak. Die kursus van antibiotik­a duur gewoonlik ses maande en dit is baie belangrik dat ‘n mens die pille daagliks moet neem en die ses maande kursus voltooi. Indien die kursus antibiotik­a nie korrek geneem word nie, kan die TB-infeksie al hoe moeiliker word om te behandel.

Die bakterieë kan selfs sterker as die medikasie word weerstandi­ge TB.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa