Oer­mon­sters neem ver­voer­mu­seum oor

George Herald - - NEWS - Mi­chel­le Pie­naar

Die Ou­te­ni­qua-ver­voer­mu­seum het vir 'n paar dae ver­an­der in 'n won­der­wê­reld van di­no­sou­rus­se. Die uit­stal­ling word ge­hou deur The Di­no Ex­po, van Jo­han­nes­burg, en toer tans deur die land. Ge­or­gie­te kon se­dert ver­le­de Sa­ter­dag (4 No­vem­ber) tot Maan­dag die uit­stal­ling be­soek. Kom­men­taar op Fa­ce­book het eg­ter ook te­leur­stel­ling uit­ge­druk. Die uit­stal­ling sou ver­le­de Vry­dag 3 No­vem­ber al oop wees in Ge­or­ge. Die uit­stal­ling is eg­ter op kort ken­nis­ge­wing met 'n dag ge­skuif. Die­ge­ne wat reeds kaart­jies vir die Vry­dag be­spreek het kon dit om­ruil of hul geld te­rug­kry. Som­mi­ge is ook van me­ning dat die kaart­jies baie duur was vir die ge­hal­te van die uit­stal­ling. Die 'Ear­ly bi­rd' kaart­jies by

Com­pu­tic­ket was R100 per vol­was­se­ne en ou­ers moes R80 per kind op­dok. Nie­teen­staan­de was die kin­ders gaan­de oor die pre­his­to­rie­se ge­dier­tes. Die di­no­sou­rus­se het die kleu­ters se ver­beel­ding aan­ge­gryp met hul reu­se­ly­we en prag­ti­ge kleu­re. Kin­ders kon ook teen 'n ste­wi­ge be­drag - R30 vir vier mi­nu­te - op se­ke­re van die ge­me­ga­ni­seer­de die­re ry.

Fo­to’s: Mi­chel­le Pie­naar

Zo­ran Mey­er (3) in sy e­le­ment op die rug van ‘n An­ky­lo­sau­rus.

Meerah Mat­thews (10) en haar ma, Re­ha­na, voor ‘n I­gua­no­don ‘n 10 me­ter lan­ge plant­vre­ter wat tot vier ton kan weeg. Hier­die een word aan­ge­val deur twee klei­ner vleis­vre­ten­de di­no­sou­rus­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.