Po­li­sie­man se saak na streek­hof

George Herald - - News - K­ris­ty Kol­berg

Die hof­saak waar­in ‘n plaas­li­ke kon­sta­bel (27) vir die ver­krag­ting van sy vrien­din se min­der­ja­ri­ge dog­ter aan­ge­kla word, is Don­der­dag 3 Mei na die T­hem­ba­let­hustreek­hof oor­ge­plaas. Die ver­dag­te, wie se naam nie be­kend ge­maak mag word nie om die i­den­ti­teit van die slag­of­fer te be­skerm, is in Ja­nu­a­rie in heg­te­nis ge­neem. Hy is op 8 Fe­bru­a­rie op borg­tog van R1 000 vry­ge­laat.

Vol­gens Mo­ses Dla­mi­ni, na­si­o­na­le woord­voer­der van die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod) is die ver­dag­te op ses aan­klag­te van ver­krag­ting in heg­te­nis ge­neem na­dat die slag­of­fer haar ma van die be­weer­de voor­val­le ver­tel het.

Sy het toe haar dog­ter na die po­li­sie­kan­toor ver­ge­sel waar ‘n saak van ver­krag­ting ge­maak is. Die Suid-Kaap­se po­li­sie­woord­voer­der, kapt. Mal­colm Po­jie, het be­ves­tig dat die ver­dag­te se­dert­dien ge­skors is han­gen­de ‘n de­par­te­men­te­le on­der­soek.

IN SHORT

The court ca­se in which a lo­cal con­sta­ble (27) is char­ged for ra­ping his gi­r­lf­riend’s mi­nor daug­h­ter was trans­fer­red to the T­hem­ba­let­hu Re­gi­o­nal Court on T­hurs­day 3 May. The sus­pect will ap­pear in court on 26 Ju­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.