T­wee mo­tor­on­ge­luk­ke Sa­ter­dag­aand in Be­a­ch­weg

George Herald - - News - K­ris­ty Kol­berg

Ty­dens t­wee on­ge­luk­ke bin­ne ure van me­kaar in Be­a­ch­weg Sa­ter­dag­aand is agt men­se be­seer en een in heg­te­nis ge­neem.

Die eer­ste ongeluk het om­streeks 21:00 by die ver­keers­lig by die Ro­se­da­le-af­rit oor­kant Del­vil­le­park plaas­ge­vind. 'n Volks­wa­gen Po­lo wat uit die rig­ting van Ge­or­ge ge­kom het, het 'n Ford Sier­ra aan die kant ge­tref toe die Sier­ra, wat van­uit Pa­calts­dorp ge­kom het, regs na Ro­se­da­le wou af­draai. Vier men­se is erns­tig be­seer en die an­der vier se be­se­rings het tus­sen ge­ring en ma­tig ge­wis­sel. Al die pa­si­ën­te is deur ER24-pa­ra­me­di­ci na die Ge­or­ge-hos­pi­taal ge­neem.

In die twee­de mo­tor­on­ge­luk was daar geen be­se­rings nie. Een per­soon, 'n 27-ja­ri­ge man, is eg­ter vir roe­ke­lo­se en / of na­la­ti­ge be­stuur in heg­te­nis ge­neem. Die voor­val het om­streeks 23:45 plaas­ge­vind.

Pa­calts­dorp-po­li­sie kon teen druk­tyd nie meer in­lig­ting oor die voor­val­le ver­skaf nie.

Sien ‘n vi­deo by www.ge­or­ge­he­rald.com Nood­diens­te op die to­neel Sa­ter­dag­aand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.