Ver­moor oor hond

George Herald - - News -

K­ris­ty Kol­berg

Die stry­e­ry oor 'n klein A­me­ri­kaan­se veg­hond­jie (pit bull) het Sa­ter­dag 12 Mei tra­gies ge­ëin­dig toe Fai­zel Mi­cha­els (28) voor Mi­ke's Ta­vern in Park­de­ne ver­moor is. Vol­gens Con­vil­le-po­li­sie se sta­sie­be­vel­voer­der, kol. AB K­ri­ga, het twee mans oor 'n hond ge­stry waar­na twee 18-ja­ri­ge ver­dag­tes, S­tan­ley du P­les­sis en C­heslin Rol­li­son, na be­we­ring vir Mi­cha­els met 'n hok­kie­stok aan­ge­rand en met 'n mes in die nek ge­steek het. Mi­cha­els het op die to­neel aan sy won­de be­swyk.

Die ver­dag­tes is kort daar­na deur Con­vil­le­po­li­sie­le­de in heg­te­nis ge­neem en het op Dins­dag 15 Mei in die Ge­or­ge-land­dros­hof op aan­klag van moord ver­skyn.

Kol. AB K­ri­ga Die voor­val het in hier­die a­rea plaas­ge­vind. Fo­to: Br­ü­mil­da Swart­booi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.