Ro­se blom saam in vlam­me­hel

George Herald - - Letters | Briewe - Li­zet­te da Sil­va - Re­dak­teur

Dins­dag­mid­dag is ek op pad huis toe na werk en ek sien dik rook­wol­ke hang oor die Ro­se­da­le-plak­kers­kamp. Ek draai af en gaan kyk waar­heen die twee brand­weer­wa­ens, wat voor my ry, op pad is. In die plak­kers­kamp staan al wat mens is rond in die nou straat­jies.

Vier tot ses hut­te brand en van die vroue wie se hui­se in die slag ge­bly het, staan met klein kin­der­tjies op die heup met rooi ge­huil­de oë.

"Hoe nou ge­maak? Ons het al­les, al­les ver­loor," sê een vrou angs­tig.

'n Vrien­din pro­beer haar troos ter­wyl nog 'n vrou aan haar ver­dui­de­lik hoe hul­le pro­beer het om haar be­sit­tings uit te dra, maar dat die vlam­me te vin­nig ver­sprei het.

Só saam met die ge­sprek­ke van die vroue, hoor ek hoe in­wo­ners woe­dend skel oor hul­le "in die vies­li­ke om­stan­dig­he­de" moet woon.

"Ons het nie or­dent­li­ke hui­se nie. Ons was so iets te wag­te. Wat het hul­le ge­dink gaan ge­beur as men­se so moet bly? Op 'n ho­pie! Ons raads­lid en die mu­ni­si­pa­li­teit doen niks. Ons is oor­ge­laat aan ons eie ge­na­de. Ons soek hul­le nie nou hier nie, hul­le moet gaan!" skree 'n man.

"Ja, die raads­lid skit­ter in sy af­we­sig­heid as ons ver­ga­de­rings hou oor die din­ge van Ro­se­da­le. Hy kom nie eens nie. Nou wil hy hier kom staan. Vir wat? Hy moet gaan," waar­sku nog 'n vrou. By tye het dit ge­klink of die wag voor haar mond ge­dros het.

Ek staan 'n oom­blik te­rug en aan­skou die prent­jie voor my en sien hoe 'n groep jong­man­ne op die dak­ke van die hut­te staan ter­wyl hul­le groot em­mers wa­ter vir me­kaar gooi in 'n po­ging om die brand­weer­man­ne te help wat op die grond die vlam­me be­stry. Wa­ter­nat, kaal­bors, som­mi­ge met tronk-ta­toes op hul ly­we, swoeg hul­le voort. Dis nie hul­le hut­te wat af­brand of be­dreig word nie, maar hul­le is daar om te help.

Aan die Ro­se­da­lers: Daar is baie din­ge wat nie reg is in Ro­se­da­le nie, dit weet ons al­mal, maar jul­le saam­staan was iets om te aan­skou. As jul­le self nie so vin­nig in­ge­spring het nie, het meer hut­te af­ge­brand.

Jul­le kla oor diens­te, hui­se, mis­daad en nog baie meer.

Maar, ter­wyl jul­le die mu­ni­si­pa­li­teit tot ver­ant­woor­ding roep - hul­le bly im­mers ver­ant­woor­de­lik vir diens - pak so­lank van die an­der pro­ble­me self aan. Be­vei­lig die a­rea, brand­vei­lig­heid in­kluis, en maak die a­rea skoon. Baie in­wo­ners is werk­loos, maar ge­sond en het baie tyd op han­de om 'n waar­de­vol­le by­drae te le­wer. Be­gin self pro­jek­te tot voor­deel van die a­rea.

Soos jul­le Dins­dag saam­ge­staan het om 'n ramp te voor­kom, so kan jul­le ook saam­staan om Ro­se­da­le 'n stap­pie na­der in die rig­ting van 'n wa­re dal van ro­se te stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.