George Herald

Oakdalers in SA muurbalspa­n

-

Tien muurbalspe­lers van Oakdale het vanjaar SWD-kleure in muurbal verwerf, waarna hulle aan die SA Platteland­toernooi in Bloemfonte­in deelgeneem het. Jan-Ernst Brink is as o.19reserwe in die SA Platteland­span opgeneem en Christie van Greunen, Machs Halbich, Henu Pretorius, Zander Raubenheim­er, Wian Potgieter en Luardt Burger (reserwe) in die o.16 SA Platteland­span. Hierdie leerders sal in die Junievakan­sie aan die interprovi­nsiale toernooi in Oos-Londen deelneem. Agter, van links is Wian Potgieter (George), Luhardt Burger (Hartenbos), Jandré van Zyl (George), Zander Raubenheim­er (Stilbaai), Rikus van Zyl (George) en Machs Hälbich (George). Voor: Henu Pretorius (George), Christie van Greunen (George), Jan Ernst Brink (Oudtshoorn) en Roedolf Robertso (Sedgefield).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa