George Herald

Hoekwil-padwedlope Saterdag

-

As jy hou van die rustigheid van 'n plaasomgew­ing, is die Hoekwil-padwedlope op Saterdag 19 Mei net die ding vir jou.

Dié padwedlope begin om 08:00 en eindig by die NG Kerk Die Vleie en val saam met hul gewilde kerkbasaar.

Vir die ernstige atlete is daar 'n 10 km en 21 km-padwedloop om van te kies, maar die minder ernstige drawwers kan aan 'n 2 kmpretloop deelneem. Die pretdrawwe­rs spring om 08:15 weg.

Cape Multisport­klub Eden is die gasheer. Inskrywing­sgeld vir die 10 km is R55 en R65 vir die 21 km. Vir R20 kan jy aan die pretdraf deelneem. Inskrywing­s kan tot Vrydagmidd­ag by Top Gear Sport in George gedoen word, maar laatslaper­s kan nog Saterdagog­gend tot voor die wedloop inskryf.

Die dag word aangevul met 'n kerkbasaar met 'n groot verskeiden­heid lekkernye te koop en heerlike boeremusie­k.

Vir navrae bel Gerrit du Toit van Cape Multisport­klub Eden by 072 282 7995.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa