George Herald

Eden-atlete pronk in Paarl

-

Atlete van Eden het onlangs by Val de Vie in die Paarl aan die MPA Laser-run SuidAfrika­anse kampioensk­appe deelgeneem.

Eden se medaljewen­ners was:

Goud: Johan Windt (meesterman­s 60+); Linelle Groenewald (senior vroue) en Kerri O’Loughin (gestremde).

Silwer: Greens Groenewald (meesterman­s 40+); Ulene Visser (meestervro­ue 40+); Andre Kleynhans (seuns o.19) en Tonya Schoeman (dogters o.11).

Brons: Marno Theunissen (junior mans) en Zanelle Vorster (junior vroue).

Kerri O’Loughin het haar medalje onder staande toejuiging van die mede-atlete ontvang.

Ná afloop van die byeenkoms is die SAMPA-span en SAMPA Presidente-span aangekondi­g wat Suid-Afrika in September in Dubblin, Ierland, gaan verteenwoo­rdig. Die SAMPA-span is as volg:

Johan Windt, Greens Groenewald, Ulene Visser, Debbie Strydom, Marno Theunissen, Neytwin Lalminie, Zanelle Vorster, André Kleynhans en Tonya Schoeman.

Die Presidente-span is:

Linelle Groenewald, Llewellyn Viljoen, Tyron-Lee Andries en Stef Schoeman.

 ??  ?? Eden se span wat in die Paarl aan die Laser-run Suid-Afrikaanse kampioensk­appe deelgeneem het.
Eden se span wat in die Paarl aan die Laser-run Suid-Afrikaanse kampioensk­appe deelgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa