George Herald

Bezuidenho­ut tops in Winter Classic-toernooi

-

Jannie Meyer

Gerrie Bezuidenho­ut het Saterdag topgholf gespeel en Dolphins Creek-gholfklub naby Groot-Brak se gewilde jaarlikse Winter Classic met 89 punte gewen.

Bezuidenho­ut was duidelik baie ingenome toe hy die wisseltrof­ee in ontvangs geneem het.

Die Winter Classic is een van die hoogtepunt­e op die klub se kalender en heelwat spelers het opgedaag om hul slag in die toernooi te wys.

Die donderweer te spyt het die deelnemers koelkop gebly en alles uitgehaal om hul beste voetjie voor te sit.

Frik Uys (92 punte) was die naaswenner met Willem Alberts (92) derde en Japie

Genis (94) in die vierde plek van die medaljekom­petisie.

2 Club-wenners was Gys Genis, André Barnard, Dolf Groenewald, Willem Alberts en Frik Uys.

In die vorige dag se weeklikse Meatrun- kompetisie het Ben Erasmus (21 punte) gewen met Johan Hamman (18 punte) as die naaswenner.

 ??  ?? Die wenner van die Meatrun-kompetisie, Ben Erasmus, is hier links by Johan Hamman, die naaswenner.
Die wenner van die Meatrun-kompetisie, Ben Erasmus, is hier links by Johan Hamman, die naaswenner.
 ??  ?? Die wenner van die Meatrun-kompetisie, Ben Erasmus, is hier links by Johan Hamman, die naaswenner.
Die wenner van die Meatrun-kompetisie, Ben Erasmus, is hier links by Johan Hamman, die naaswenner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa