B­lit­si­ge sport­ster sterf tra­gies

George Herald - - Voorblad - K­ris­ty Kol­berg

Die jong sport­ster van Ge­or­ge, Roshwill K­ri­ge (12), word eers­ko­men­de Sa­ter­dag om 10:00 uit die St. Ma­ry’s Rooms Ka­to­lie­ke Kerk in Ro­se­moor be­gra­we. Roshwill het op Maan­dag 1 Ok­to­ber tra­gies ge­sterf toe hy in die Lang­kloof ver­drink het, waar hy by sy pa, Ze­nith, ge­kui­er het.

Ma­rio Gie­we­laar, Ge­or­ge se voor­ma­li­ge ver­keers­hoof en Roshwill se ou­pa, sê Roshwill het om­streeks 15:00 saam met vrien­de in 'n dam op Mis­gund gaan swem toe die voor­val plaas­ge­vind het. Po­li­sie­dui­kers het sy lig­gaam om­streeks 20:00 uit die dam ge­haal.

"Hy het blyk­baar te­rug­ge­swem om sy gholf­pet uit die wa­ter te haal toe hy skie­lik on­der die wa­ter ver­dwyn het," het Gie­we­laar ge­sê.

Roshwill, ‘n leer­der van St. Ma­ry’s P­ri­mêr, was ‘n kra­ni­ge at­leet wat van­jaar aan­ge­wys is as die twee­de vin­nig­ste at­leet oor 150 m in Suid-A­fri­ka. Ver­der het hy ook uit­ge­blink op die rug­by­veld en is on­langs as die SWD-rug­by o.12-span se on­der­kap­tein aan­ge­wys wat in Sep­tem­ber op Ri­vers­dal aan ‘n in­ter­pro­vin­si­a­le toer­nooi vir la­er­sko­le deel­ge­neem het. Gie­we­laar be­dank hul fa­mi­lie, vrien­de en die breë pu­bliek van Ge­or­ge vir hul on­der­steu­ning en me­de­lye in die moei­li­ke tyd. "Bood­skap­pe stroom in, selfs Da­main Wil­lem­se en E­ben Et­ze­beth, het aan Roshwill se ma bood­skap­pies ge­stuur. Hy gaan be­slis 'n groot leem­te laat, nie net hier by die huis nie, maar in sport." Vol­gens sy ma, Por­chia Gie­we­laar, was haar seun 'n stil kind wat daad by die woord ge­voeg het. "Hy was 'n stil seun wat op­drag­te nou­ge­set na­ge­kom het. Ons kon al­tyd op hom staat­maak. By die huis was hy vol grap­pe en soms lek­ker ver­spot, maar hy het sterk Chris­te­li­ke be­gin­sels ge­had en was 'n sterk lei­er. My hart is stuk­kend oor my seun. Hy los 'n groot leem­te in die ge­sin," het sy ge­sê.

Roshwill word ook deur sy broer, Re­gan, sus­ter, Zen­ley, ou­ma en ou­pa Estel­le en

Ma­rio Gie­we­laar as­ook ou­ma An­tjie K­ri­ge oor­leef. Hy sal na die rou­diens by die Ge­or­ge­be­graaf­plaas in York­straat ter rus­te ge­lê word.

Roshwill K­ri­ge en sy vrien­de in ‘n lig­te luim. Die Ge­or­ge He­rald het twee we­ke ge­le­de ‘n ar­ti­kel oor Roshwill en sy sport­pres­ta­sies ge­dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.