‘Ons het ‘n men­sch ver­loor’

George Herald - - Voorblad - Hugo Re­de­ling­huys

Die Ge­or­ge He­rald, saam met die Ge­or­ge-sport­ge­meen­skap, is swaar ge­tref deur die skie­li­ke dood van An­dré S­tan­der. Hy het ver­le­de Vry­dag­aand op ‘n skool­re­ü­nie by PW Bo­tha-kol­le­ge aan ver­moe­de­lik ‘n hart­aan­val ge­sterf.

Hier is Hugo Re­de­ling­huys, sport­re­dak­teur van die Ge­or­ge He­rald, wat ‘n pad van by­kans ses jaar saam met

An­dré op die sport­vel­de van die Suid-Kaap ge­stap - en meer­ma­le ge­draf - het, se huldeblyk aan hom.

Ver­stand en hart wil dit haas nie vat nie: An­dré S­tan­der, my reg­ter­hand en boe­sem­vriend, se wed­loop op aar­de is vol­tooi.

Dat dit juis nóú en op só ‘n ma­nier moes ge­beur, laat mens met meer vrae as ant­woor­de. Nou deur­grond ons dit nie.

In ons uur van skok en ont­stel­te­nis is dit se­ker nie die bes­te tyd vir ‘n be­hoor­li­ke be­pa­ling van wat ons al­les ver­loor het met die dood van An­dré S­tan­der nie. Dat hy ‘n groot leem­te laat in die Ge­or­ge­sport­ge­meen­skap is ge­wis.

Met An­dré se dood het ek ‘n ka­me­raad ver­loor met wie ek week­liks, vir ses jaar lank, sy aan sy ge­mar­sjeer het.

Dis moei­lik om oor ie­mand te skryf wat mens só re­la­tief kort ge­ken het hoe­wel ons die spreek­woor­de­li­ke se­we sak­ke sout saam op­ge­ëet het. Maar ek glo ek kan son­der e­ni­ge ma­te van teen­spraak dié stel­ling maak: An­dré S­tan­der was ‘n on­baat­sug­ti­ge vol­ko­me toe­wy­ding vriend ge­dien wat sport het. met

in Be­ne­wens sport het An­dré sy op­reg­te be­we­se be­lang­stel­ling er­va­ring ge­had wat geld nie kan koop nie, deeg­lik­heid en dryf­krag, nou­ge­set­te toe­wy­ding aan sper­tye en af­spra­ke, en al die in­stink­te en vaar­dig­he­de wat ‘n spor­t­joer­na­lis maar kan be­geer.

Sy ken­nis en in­sig­te, ad­vies en hulp het van hom ‘n ge­dug­te span­spe­ler ge­maak hoe­wel hy goed op eie hout­jie kon reg­kom.

Tog het hy ver­kies om vir die span uit te draf.

Hy was op­reg, so­dat nóg vriend nóg vy­and ooit in twy­fel ge­laat was oor waar hul­le met hom staan. ‘n S­ke­we woord oor ie­mand in sy of haar af­we­sig­heid het hy al­tyd ferm ge­smoor.

Lo­jaal, toe­ge­wyd, be­trou­baar en koers­vas is van die kwa­li­tei­te waar­oor An­dré ruim be­skik het. Sy ka­rak­ter en lo­ja­li­teit aan men­se en sy be­gin­sels was on­kreuk­baar. Sy werk, ver­al wat klu­brug­by- en pad­wed­loop uit­slae be­tref, was meest­al‘ n on­be­ny­dens­waar­di­ge skof wat hy met die groot­ste toe­wy­ding en en­toe­si­as­me ver­vul het.

En só - dalk on­we­tend - die druk groot­liks op ‘n Maan­dag van my skou­ers ver­lig het.

Sy lief­de en toe­wy­ding aan sy vrou, kin­ders en klein­kin­ders is na­vol­gens­waar­dig en ‘n voor­beeld van ‘n in­ner­li­ke in­te­gri­teit vir al­mal met wie hy in sy daag­lik­se han­del en wan­del te doen ge­had het.

Daar­om voel men­se mag­te­loos om troos­woor­de te spreek tot sy fa­mi­lie. Ge­or­ge en Group E­di­tors, ver­al Ge­or­ge He­rald, se har­te gaan uit tot hul­le on­meet­li­ke ver­lies.

Sy vrou, Mag­da, se hulp en by­drae tot An­dré se voor­tref­li­ke diens aan die Ge­or­ge-sport­ge­meen­skap - en meer spe­si­fiek die Ge­or­ge He­rald se sport­blad­sye - moet geen­sins ge­ring ge­skat word nie. Ons in­ni­ge dank hier­voor.

Ek sal le­wens­lank treur oor die heen­gaan van ‘n boe­sem­vriend.

Ek, nee ons, het ‘n men­sch ver­loor en die troos ont­wyk ons nog.

‘n Ge­reel­de ge­sig: drie ka­me­ra­de saam op die rug­by­veld by Ou­te­ni­qua­park. Van links: Hugo Re­de­ling­huys, An­ton Ge­ric­ke en An­dré S­tan­der. S­teel­fo­to: Dei­d­re Cloe­te

Dan­kie ou maat vir jou hulp die af­ge­lo­pe jaar, sê Piet Cloe­te (regs), sport­hoof van Ho­ër­skool Ou­te­ni­qua, vir An­dré S­tan­der. Die K­wag­gas het An­dré baie na aan die hart ge­lê.

An­dré S­tan­der (links) saam met K­ris­ty Kol­berg, mis­daad­ver­slag­ge­wer die Ge­or­ge He­rald, en Hugo van Re­de­ling­huys, sport­re­dak­teur, se jaar­lik­se sport­toe­ken­nings. by die E­dens­port­raad van die jaar Hy is deur hul­le as sport­skry­wer ver­eer, ‘n toe­ken­ning wat die sport en on­st­pan­ning Wes-Kaap­se de­par­te­ment ook aan hom van ge­maak het.

Só het die sport­ge­meen­skap van Ge­or­ge en die Suid-Kaap An­dré S­tan­der al­tyd ge­ken. Boek en pen in die hand be­sig om die pun­te­ma­kers en uit­slae neer te pen. In dié ge­val ‘n net­bal­wed­stryd by PW Bot­ha­kol­le­ge waar hy ge­ma­tri­ku­leer het. Fo­to: Dei­d­re Cloe­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.