Saak teen plaas­ei­e­naar voor­lo­pig te­rug­ge­trek

George Herald - - News - K­ris­ty Kol­berg

Ge­meen­skaps­le­de van Blan­co is ge­skok na die saak teen die 67-ja­ri­ge plaas­ei­e­naar van Blan­co en nog 'n man van die a­rea (38), voor­lo­pig in die T­hem­ba­let­hustreek­hof deur die staat te­rug­ge­trek is.

Hul­le was van on­der­skei­de­lik men­se­han­del, po­ging tot sek­su­e­le aan­ran­ding en ver­krag­ting aan­ge­kla na 'n be­weer­de voor­val in Ju­nie 2017. Die hof het Don­der­dag 4 Ok­to­ber ge­hoor dat daar nu­we in­lig­ting met be­trek­king tot sel­foon­re­kords aan die lig ge­kom het.

Die staat het dus ver­soek dat die on­der­soek her­vat moet word om al­bei mans se sel­foon­re­kords vol­le­dig te ont­leed waar­na die saak moont­lik weer op die hof­rol ge­plaas kan word.

Die Ge­or­ge He­rald het ook be­trou­baar ver­neem dat die klaag­ster en jon­ger ver­dag­te moont­lik saam­ge­sweer het om die plaas­ei­e­naar af te pers.

Die mans is ver­le­de jaar deur le­de van die ge­sins­ge­weld, kin­der­be­sker­ming en sek­su­e­le mis­dry­we-een­heid (GKS) in heg­te­nis ge­neem na­dat die klaag­ster, 'n tie­ner­mei­sie 'n klag by die po­li­sie in­ge­dien het.

Die po­li­sie het ty­dens 'n on­der­soek kort na hul in­heg­te­nis­na­me op seks­speel­goed, smeer­mid­dels, sek­su­e­le sti­mu­lan­te, 'n boks met vroue-on­der­kle­re en nie min­der as 10 sel­fo­ne, wat in staal­ka­bi­net­te in die plaas­ei­e­naar se kan­toor langs sy huis ge­vind is, be­slag ge­lê.

Die an­der man was van men­se­han­del en ver­krag­ting aan­ge­kla.

Na by­na 80 dae in aan­hou­ding is al­bei in Sep­tem­ber ver­le­de jaar borg­tog toe­ge­staan.

Daan Derck­sen van Derck­sens Inc. in Knys­na het na­mens die plaas­ei­e­naar ver­skyn en C­ha­nel­le Bas­ti­an vir die staat. Die saak het voor streek­land­dros Eu­ge­nia Ja­cobs ge­dien.

Na­vraag is aan die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag ge­stuur, maar teen druk­tyd is geen kom­men­taar ont­vang nie.

Na by­na 80 dae in aan­hou­ding is al­bei in Sep­tem­ber ver­le­de jaar borg­tog toe­ge­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.