Ver­e­ni­ging vir ge­strem­des in A­fri­ka-luim

George Herald - - News - Mi­chel­le Pie­naar

Die beeld van A­fri­ka was 'n kleur­vol­le af­fê­re met in­heem­se kop­tooi­sels, rok­ke en hem­de ty­dens die ver­e­ni­ging vir men­se met ge­stremd­he­de (APD) in Ge­or­ge se jaar­lik­se de­bu­tan­te­bal. Met A­fri­ka as te­ma het die kin­ders en jon­ge­lin­ge ver­le­de Sa­ter­dag ge­dans op die rit­me van mu­siek by Pa­calts­dorp Se­kon­dêr se skool­saal. Vier groe­pe het op­ge­tree tot groot ver­maak van die ou­ers en be­lang­stel­len­des. APD­per­so­neel het die af­ge­lo­pe twee maan­de hard ge­werk aan hier­die ver­to­ning.

Die kin­ders wat die mees­te geld (met die hulp van hul ou­ers) in­ge­sa­mel het, was Wen­del van Beu­len (wen­ner), Pa­trick van Beu­len (twee­de plek), Faith Ka­pank (der­de plek) en Jo­han­nes M­pets­he­ni (vier­de plek). Bu­si­zi­we Ma­do­lo, Ka­trie­na G­rif­fies, Li­za La­wa en Jo­an Heist is aan­ge­wys as die bes ge­kle­de per­so­ne ty­dens die ge­leent­heid.

G­len For­tuin, die ko­ör­di­neer­der van APD se dag­s­org­sen­trum, het ge­sê die bloot­stel­ling wat die kin­ders ge­kry het is baie goed, ten spy­te van hul­le be­per­kin­ge. "Ons fo­kus op dit wat hul­le kán doen, en nie op dit wat hul­le nie kan doen nie," het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.