Mu­siek ma­es­tro ver­eer

George Herald - - News -

In He­rolds­baai woon ‘n toe­gank­li­ke, vrien­de­li­ke en ne­de­ri­ge man met ve­le ta­len­te. Dié ge­lief­de in­wo­ner, prof. Chris Lam­precht, is Don­der­dag 25 Ok­to­ber deur die ge­meen­skap vir sy on­ge­loof­li­ke by­drae tot mu­siek ver­eer.

Prof. Lam­precht is op 1 Ok­to­ber 1927 ge­bo­re en het in sy lewe in Bloem­fon­tein, S­tel­len­bosch, We­nen, Her­ford in Duits­land en P­re­to­ria as or­re­lis, koor­lei­er, kom­po­nis, en ver­wer­ker van ver­skeie A­fri­kaan­se ker­ken volks­mu­siek ge­werk. Hy het mu­siek toe­gank­lik vir ge­wo­ne men­se ge­maak en was lank hoof van die U­ni­ver­si­teit P­re­to­ria se mu­siek­de­par­te­ment.

Ds. Floors Mey­er, NG pre­di­kant van Ge­or­ge-Suid, het by die ge­leent­heid met prof. Lam­precht oor sy lewe ge­sels en Mag­gie Bo­den­stein, Ge­or­ge se plaas­li­ke nag­te­gaal, het van sy ver­wer­kings ge­sing ter­wyl prof. Lam­precht haar be­ge­lei.

Ter er­ken­ning aan sy groot by­drae het dr. Daan Bo­tha 'n por­tret van prof. Lam­precht aan hom oor­han­dig. Sy vrou El­za, wat hom al 60 jaar on­der­steun, is met 'n bos prag­ti­ge le­lies be­derf. - Ar­ti­kel: Ce­le­sti­ne Kru­ger

Dr. Daan Bo­tha (links) het ‘n por­tret van prof. Chris Lam­precht aan hom oor­han­dig. By hul­le staan ds. Floors Mey­er.

Prof. Chris Lam­precht en die so­lis Mag­gie Bo­den­stein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.